Lees ek toe nou hierdie oor die waarde van ‘n geelwortel. Dit het my so bietjie aan die wonder gesit. Heel moontlik as ‘n plantaardige gewas, besef die geelwortel nie watter bydrae/verskil hy tot die haas se lewe maak nie. Dit het my aan hierdie laat dink:
Jy moet elke dag daarna streef om die beste mens te wees in alles wat jy doen, want jy weet nie altyd van ander in wie se lewens jou doen en late waarde toevoeg nie.
Dink bietjie daaroor: Klein dingetjies wat jy doen, of woordjies wat jy spreek mag dalk ‘n groot verskil in iemand anders se lewe maak. En omdat jy nie altyd daarvan weet nie, moet jy poog om in alles wat jy doen of sê – Net die beste te offer.
Wees elke dag iemand anders se
“Beginning of the month Salticrax”
Kyk….. Jy spreek heelwat woorde van wysheid (gewoonlik / Soms)
, maar hierdie een raak nou aan my hart!
Hmmmm…..
Ek kan jou nou nie al die credit gee hier nie… maar jy verstaan al te goed.
Die maak van kos moet eerbaar gedoen word.
Weet jy as meer mense soos jy dink….or eerder net jou raad hier wil volg sal ons wereltjies soveel meer geseend wees…..
“Gaan na die geelwortel, en word wys.”
Ek sien hom al daar op die stoep met sy grys baard en kierie op die wiegstoel
Kan ek maar gister se woorde herhaal?
Basta die ander mense. Mens kan tog nie ‘n voortreflike lewe lei net omdat dit DALK waarde tot ander mense se lewens voeg nie?
Dit is juis die ding – Die voortreflike lewe is nie net vir ander nie, maar ook vir jouself
En daardeur gee jy bietjie waarde aan ander ook – Baie kere sonder dat jy eers daarvan weet.
Is dit die moeite werd om te lewe as jy nie waarde in iemand se lewe bring nie?
En dan kan jy dit ook nog doen sonder enige glorie…. want baie keer weet jy nie eers daarvan nie.
As ek die geelwortel was sou ek my heerlikeheid en voedsaamheid aan die hasie openbaar en as hy nader kom om my uit die grond uit te trek sal ek skielik in `n wolf verander, die hasie vang en hom verorber.Want eks `n opportunis.
Ek hou van Brein se geelwortel. Ek sal myself nou nie beskou as geelwortel nie. Was nog nooit voorstander van “fake tan” nie. Ek sal meer peperwortel. Geen hasie gaan an my boude knaag nie.
Wat op aarde is ‘n peperwortel
Horseradish!
LOL… ooooooo…..
Wie sou dit nou kon raai
Hm, ek weet darem nie, hoor. As almal ‘n hap uit my neem, gaan die hase verwoed voortplant en ek ontwortel word van my lappie grond.
As die een se dood die ander se brood is, dan wil ek eerder nie die early worm wees wat deur die voëltjie gevreet word nie – nee wat, dan kies ek eerder die hasepad!
(Ek mix miskien my metafore.)
Mix dalk…. maar tog maak dit sin…. op ‘n unieke manier!
Woorde en dade maak onwetend (en ook wetend) ‘n noemenswaardige verskil in ander mense se lewens. Die geykte uitdrukking — be the change you wish to see in the world — het vandag nog net soveel waarde soos toe dit gesê is.
Deur vriendelik hallo te sê vir die suur tannie op die hoek, mag jy dalk net so verandering te weeg bring dat sy môre vir jou vriendelik terug groet en nie meer die kinders wegjaag wat vrugte wil kom pluk nie .
Klein dingetjies. Altyd meer werd as die groot dinge wat aan die klok gehang word.
Juis dit…. die feit dat jy onwetend, sonder enige eer dalk ‘n verskil maak.
Hier in Nederland is ‘n geelwortel ‘n peen…
Ja swaer, “vrede op aarde” kom so suutjies.
Maar het die wortel toe `n siel?
Ek wonder nog oor daai een….. maar onwetend maak hy tog nog ‘n verskil.