
Bacchus Deur Caravaggio
Groot was my verbasing (en tot my lewer se onmiddelike spyt) toe ek die uitnodiging van my vriende Bacchus en Dionysus ontvang vir ‘n bietjie middel van die week buitemuurse aktiwiteite. Ek was vas beslote, hierdie keer gaan ek hulle wys hoe Dawid die wortels versuip het. Gewapen met ‘n potlood, proe-notaboekie en ‘n glas het ek probeer om ongesiens in te sluip en rustig van ‘n hoekie af aan die spel te begin deelneem.
My onder-die-dekmantel, agter die skerms deelname was egter van korte duur, want toe Bacchus my eers gewaar, merk ek toe hoe hy knipoog in Dionysus se rigting…. en toe is dit verby. Bacchus speel sy troef en gooi meer as ‘n duisend uitstekende Suid-Afrikaanse wyne op die tafel. As dit strip-poker was het ek kaalgat daar uitgeloop.
Of jy nou van wyn hou of nie, die verskeidenheid wat by WINEX aangebied word is ongelooflik. Ek het probeer hou by die minder bekende, kleiner kelders of die boetiek-kelders, maar daar was selfs te veel van hulle, en die ongelooflike verskeidenheid, en die feit dat ek nie regtig voorkeure het as dit by Droë wit of rooiwyn kom nie, maak die proses net soveel makliker. Die ander pluspunt is dat jy natuurlik ook die kans kry vir proetjies uit die duurder bottels uit.
Na al die geproe moet ek erken Springfield se “Life From Stone” bly nog een van my groot gunstelinge. Tee R80+ per bottel is dit seker bietjie duur vir ‘n Sauvignon Blanc, maar glo my as ek sê dit is elke sent vir elke milliliter werd.
Daardie quartz-klip hange waar hierdie wingerde staan verleen net op ‘n manier ‘n baie unieke smaak aan hierdie wyn…. in tweede plek sal ek Diemersdal se “8 Rows” ingooi, maar slegs tweede omdat dit nog duurder is.
Vir ietsie meer bekostigbaar, kan Bellevue Estate: Morkel se Sauvignon gerus probeer word – Ook met ‘n baie unieke smaak.
Sover dit die rooies aangaan het ek probeer (lees hard probeer) om by die versnittings te hou. Ek geniet op die oomblik die versnittings meer aangesien dit aan my ‘n baie meer “smooth” smaak gee. Daar was ‘n hele paar gunstelinge, maar ek wil graag die “Z” en “Fushion V”, beide van De Toren, en dan “Atticus”, weereens van Morkel uitlig.
As jy jouself in Jozi bevind, die WINEX is nog aan tot Vrydag aand by Sandton Convention Centre, en definitief die ingangsfooi en die hoofpyn werd.
PS. En Gelukkige verjaarsdag aan die Suid-Afrikaanse Wynbedryf – ‘n Volle 350 jaar oud!
Tags: bacchus, diemersdal, dionysus, morkel, springfield, winex
Môre môre jy lekker dag vir jou ek is sommer nou dmi vir jou wyn so vroeg in die oggend ek is nou so lus vir ‘n glasie wyn … niks so lekker soos ‘n glasie wyn, mooi musiek nie!!!
Praat jy nou wat tande het…
Wow! 350 jaar! Ons voorvaders het nie op hulle laat wag nie, het hulle? Skaars hier geland toe begin hulle al woeker!
Quartz-klip hange…dit klink so mooi, die wyn MOET lekker wees.
Dit is BAAAIIIIEEEE lekker.
Ek dink ek moet sommer 2 aande gaan – maak dit ‘n deeglike proe sessie.
Ek het nou die dag gehoor die eerste wingerdstokke is in die Kompanje tuine in Kaapstad geplant. Van der Stel het die wyn bedryf in Constantia begin. Die oudste wynplaas in SA.
Ek bank sommer werk en gaan proe die wyne.
Ek stel voor om eerder so tussen 5 en 6 in die aand daar uit te slaan….. dit maak dit nie so lank tot 9 uur as jy MOET huistoe gaan nie… ek dink net aan jou gesondheid
Mens kry mos nou al daardie motorfietse wat jou by die huis gaan aflaai.
Ook nou weer waar. Hulle het spesiale rates beding met corporate cabs.
Jy is veronderstel om die wyn uit te spoeg.
Ek is jammer, maar mens mors nie so met goeie wyn nie. Kon dit nog nooit oor my hart kry om dit uit te spoeg nie… it is just wrong.
LOL! DMI, jy eet seker ook jou garnering?
Noem my kommin, maar ek eet ook die garnering. My ma het my geleer om nie met kos te mors nie.
Nee, ek doen nie eintlik nie – Ek sukkel om die woord “lekker” voor die woord “slaai” te sit.
Die Springfield is ‘n blêddie lekker wyn!
Te lekker… het jy al die 8 Rows probeer?
Bring jou flits!
http://skoor.wordpress.com/2009/10/29/ek-spook-jy-spook/
Waterbotteltjie [check]
Hoofpyn pilletjies [check]
Nee wat ek dink ek is reg vir vanaand en sommer more aand ook!
Cool! Die nice ding is daar is nou oral water-dispencers! Dit help nogal baie!
Al wat ek kan se, is: Yummy!