Archive | November, 2009

Ek het ‘n slang….

30 Nov

Cleopatra word deur ‘n asp gepik en sy sterf. Effektief die laaste Koningin (Faro) van Egipte voor die Romeinse inval. Die meeste historiese skrywers beskryf ‘n pik op die arm – Shakepeare moes natuurlik die storie so bietjie meer dramatiseer, en haar boesem, eerder as haar arm het die pikplek geword. (Dankie tog vir klein wonderwerkies dat Hugh Hefner nie flieks maak nie…)

Op 30 November 1786 skaf Peter Leopold Joseph, die Grand Duke of Tuscany, die doodstraf af. Tuscany word die eerste land in die wêreld waar die doodstraf afgeskaf word, en menige misdadigers daarna het dus eintlik hulle lewens aan hierdie man te danke, wat die bal aan die rol gesit het. Op 30 November vier menige stede oor die wêreld Cities for Life Day. In 2009 gaan die meer as 60 hoofstede en 1,000 ander dorpe en stede van om die wêreld insluit.

Ek dink aangesien die doodstraf afgeskaf is, moet ons ‘n nuwe manier vind om van hierdie vrot mense in die gemeenskap ontslae te raak. ‘n Vrot plek investeer die gesonde plekke om hom met kieme…. en die vrot plekkies ontaard naderhand in vrot vrugte….

Ek dink mens moet kospakkies by hierdie mense in die tronk laat aflewer, mandjies met appels, en melktert, en koeksusters, en broodjies, en peppermint crisps en swartmambas in.

Vrydag Wiskunde 101

27 Nov

As jy na 5 bottels nog bekommerd is oor tel (of kan tel)….. is daar nie goeie goed in die bottels nie.

‘n Komitee…..

26 Nov

Ek gaan vandag begin om ‘n komitee saam te stel. Hulle moet my met alles help. Die eerste taak sal wees om navorsing te doen en dan elke dag voorstelle voor te lê vir blog-skrywes.

Die komitee kan dan ook sommer my werk by die kantoor hanteer, alles by die huis onder beheer hou…. en ek sal agteroorsit en mooi lyk. Ek sal dalk wel self die inskrywings doen, en dalk my telefoon self antwoord……

Kyk, die Klay/Els sage is ook nou al besig om bietjie afgesaagd te raak, MAAR ek moet net hierdie twee juweeltjies met julle deel (Is mens nog onder eed as jy in ‘n hof getuig? Wonder maar net….)

  • Me. Jenny Liebenberg het “romanties” in hom belang gestel, terwyl hy “soos elke tweeede man in Suid-Afrika” op die sangeres Patricia Lewis verlief was.
  • Volgens Els was Lewis toe die “gewildste vroulike kunstenaar in die land” en hy en Steve Hofmeyr het “meegeding om die eerste plek vir manlike kunstenaars”

Hy praat van Suid-Afrika nê?

Terug by die komitee… Miskien moet ek ‘n kommissie aanstel om te besluit of die komitee nodig is….

WEW….45/52

24 Nov

Wanneer verander oorboord in OORBOORD gaan?

Niksvermoedende jongman vanaf Oxford gaan kuier vir sy vriend in Londen. Dit is 10 uur in die oggend, hy is bietjie laat, en parkeer sommer op die geelstreep, so 400m van No 10, Downing Straat af. So 16 ure later, toe hy terugkom by sy kar is daar net ‘n uitgebrande wrak.

Die terreurpolisie het besluit om sy kar moer toe te blaas met twee beheerde ontploffings, want hulle het gedink dit kan ‘n moontlike terreuraanval teen die Premier wees… WTF? 400m weg? Jy sal ‘n flippen atoombom moes hê?

Wanneer raak erg, TE erg? Kan julle aan nog sulke voorbeelde dink? Ek moet erken – Ek is ook nie ‘n groot fan van Bybel-Onder-Die-Arm mense nie.

Kyk net my Rolex!

23 Nov

Elke oggend moet ek deur tien-talle e-posse sif, om by die paar (gewoonlik minder as 10%) uit te kom wat eintlik met werk en/of vriende te doen het. Die ander 90% bied my elke wonderlike ding onder die son aan.

Alles van Viagra tot ‘n Rolex…. alles natuurlik baie goed nagemaakte replika’s. Nou wonder ek, jy kan ‘n heel ordenkilike horlosie by ‘n winkel kry vir R1,000. ‘n Regte egte een. Hoekom op aarde wil jy ‘n replika Rolex koop?

En om in die strate rond te loop, getooi met daardie daardie replika Rolexes, Gucci sakke en Nike drafskoene flous jy in elk geval net een persoon…. JOUSELF.

Ons lewe in ‘n plastiek Ken en Barbie wêreld…. want daar moet kopers vir hierdie produkte wees, as hulle aanhou om die e-posse te versprei…. en die Chinese lag al die pad bank toe, want weereens maak hulle geld uit ‘n Westerse swakheid uit.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 44 other followers