Woordspel… Kopwolke

Kopwolke
Die gasheer nooi die wolke
Van dink en analise; om gedagtes
Te omvou in komberse vol weerlig
En donderslag en suisende wind.
Deurdenkte dae en nagte.
Die siel deur bliksems verskroei;
Die hart gekneus onder hael;
Verdrink in maalkolke druisende
Water; Ver benede denke veilig
In die weerdigte breinvesting.
 
Maar somtyds, partykeer;
Verdryf winde die wolke oor
Verste horisonne en word blou lug
En sonskyn en gevoel ontbloot,
En [...]