Archive | 6:51 vm

ZA News….

5 Nov

Kulula het hulle gewig… en prettige beeld agter Zapiro en Thierry Cassuto gegooi… en daar is  ’n daaglikse nuusberig, ZA News, wat geen TV kanaal blykbaar aan wil raak nie. Dalk bietjie kontroversieel so af en toe, maar gepak met satire…. en sakke vol lag. Van die beste minute wat jy elke dag sal spandeer, en dit gaan rollende op die vloer wees…. as jy dit nie klaar elke dag doen nie.

Zapiro en Cassuto het ‘n gawe vir raakvat, verskans agter die wonderlikste satire. As ons nie kan terugsit en lag vir die belaglikheid van sommige situasies wat ons leiers soms hulleself in dompel nie…. is die stryd klaar verlore.

ZA News Header

zanews.co.za

Soos Kulula dit stel : “Our decision to sponsor the show was easy because we believe that satire is an essential part of a vibrant democracy….”

Somtyds is dit beter om te lag oor die belaglikheid van ‘n situasie, as om ‘n vloermoer te gooi oor iets wat jy niks aan kan verander nie.

VIVA ZA NEWS, VIVA!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers