Archive | 6:48 vm

Vrydag Sielkunde 101

6 Nov

Die mens is sy grootste vyand. Ek het al klaar oor die vyandigheid van ons denke teenoor ons menswees geskryf. Daardie dinge wat ons onself wysmaak, wat 90% van die tyd nie waar is nie.

Wie sê ‘n 80 jarige kan nie valskerm spring nie? Wie sê jy is op 50 te oud vir die springkasteel? Wie sê jy is op 40 te oud om deur Europa te backpack?

Dit is net JY, wat jouself die dinge met jou denke wysmaak. So vandag gaan ons mekaar in die klas motiveer om die jonkheid van gees te koester.

Jy het dalk al van iets gehoor wat jy dink mal is, maar ook graag sal wil uitprobeer. Of jy wil bietjie bieg oor iets om die ander studente te motiveer? Of jy droom net van hierdie ding wat jy nog wil doen. Of jy weet van iets wat gebeur het, wat die wenkbroue laat lig het…. maar jy tog dink prettig sal wees.

Daar is geen rede hoekom volwassenes nie ook so nou en dan die juk van verantwoordelikheid kan afgooi…. en sommer net pret kan hê nie!

Die klaswerk vir vandag is dus, voltooi hierdie sin:

Jy het nog nie werklik GELEEF voordat jy……

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers