Die mens is sy grootste vyand. Ek het al klaar oor die vyandigheid van ons denke teenoor ons menswees geskryf. Daardie dinge wat ons onself wysmaak, wat 90% van die tyd nie waar is nie.
Wie sê ‘n 80 jarige kan nie valskerm spring nie? Wie sê jy is op 50 te oud vir die springkasteel? Wie sê jy is op 40 te oud om deur Europa te backpack?
Dit is net JY, wat jouself die dinge met jou denke wysmaak. So vandag gaan ons mekaar in die klas motiveer om die jonkheid van gees te koester.
Jy het dalk al van iets gehoor wat jy dink mal is, maar ook graag sal wil uitprobeer. Of jy wil bietjie bieg oor iets om die ander studente te motiveer? Of jy droom net van hierdie ding wat jy nog wil doen. Of jy weet van iets wat gebeur het, wat die wenkbroue laat lig het…. maar jy tog dink prettig sal wees.
Daar is geen rede hoekom volwassenes nie ook so nou en dan die juk van verantwoordelikheid kan afgooi…. en sommer net pret kan hê nie!
Die klaswerk vir vandag is dus, voltooi hierdie sin:
Jy het nog nie werklik GELEEF voordat jy……
Filed under: Dagklad



…. die oggend na ‘n partytjie op jou vriende se bure se grasperk wakker gemaak word nie.
. . . deur die rottweiler!
Die tannie het blykbaar soos ‘n rottie aangegaan
. . . Vir die polisie weggejaag het nie
Mmmm, dit kan interessant wees. Niks soos dit soos om jou Sunday-afternoon drive op te kikker nie.
milkshake by die roadhouse gedrink het en weg gery het..lol
….. GELUK GEVIND HET NIE !!
Jy sal regtig bietjie moet uitbrei… ons aanvaar geen algemene antwoorde vandag nie!
. . . die gedenkplaat op 54meter in badgat gelees het nie
Dit klink…mmmm interessant…. en asof ons net ‘n halwe storie hier kry
Plasie…
wat is ‘n badgat? Help vir klasvaakie hier asseblief
Badgat is ‘n Plek. ‘n Ou Asbesmyn naby Badplaas wat vol water is en nou as binnelandse duikspot gebruik word
… op die strand, in die donker, op ‘n kombers, dokter-dokter gespeel het nie.
Sjoe, dit raak al hoe interessanter….. maar daardie sand!!
Ek kan nie kies nie… ek het nou al gedink…. gaan koffie drink en het terug gekom en in true Girlie style lys ek nou maar almal.
1 “dokter-dokter” te speel in ‘n cadillac terwyl jy deur die Karoo ry…
Erm…. Dit is iets wat ek nog altyd wou (wil) doen….
2. Die persoon vir wie jy lief is in die oe te kyk en te se ek is lief vir jou… want die kyk wat jy terug kry maak dat jy 1000 kamele deur die woestyn sal kan jaag.
3. Die persoon vir wie jy die kwaadste is in die oe te kyk en te se ek vergewe jou… want daardie swaar gevoel wat lig is die mees bevrydenste gevoel wat jy ooit sal beleef.
4. Skinny-dip sonder om om te gee wie jou sien
5. Om ‘n dag by die werk te bank en ‘n varsity klas by te woon… in ‘n vakgebied natuurlik wat jou interesseer. Jy sal my nou nie ‘n Stats klas kry nie, maar dalk weer in ‘n Engelse klas of sielkunde… selfs geskiedenis.
…. Ek dink dis al vir eers…..
Kry mens nog Cadillacs in SA?
Skinny dip is seker die maklikste ding om te doen… dit verg niks nie…. sal egter dit nog iewers in ‘n stroom onder ‘n waterval wil doen… dit klink so bevrydend.
Jy kan ‘n splinternuwe Cadillac by enige GM handelaar in SA koop.
NEE, mens soek daai ou een van 60’s of 70’s met die afslaankap.
Ja een van daai ou Caddies met baie spasie voor… waar die bankie nog een is en nie twee sitplekke nie!
… voor jy nie by ‘n Rocky Street Festival was en dan saam met die mense wat wild begin geskiet het in die tronk beland nie!
Oooo, ek voel al hoe pomp die adrenalien.
Jy ken vir Rocky Street? Was darem in die laat tagtigs gewees.
Krokodil ek dink jy sal huil as jy nou sien in watter toestand Rocky straat nou is.
GvS: Ek kan my indink! Dit was vreeslike lekker straat vir kuier. Was nou wel 1989 gewees.
… jy nie 5 uur inni oggend, met ‘n bier inni hand, in die sand sit en speel het en die buurman geserenade het nie.
Klink nogal soos iets wat gedoen kan word… sonder moeite
Is klere verpligtend of opsioneel?
Opsioneel
voordat jou fantasie van die blixems wat ons roof, kaalgat onderstebo, in die publiek aan hul ughhm watsename laat hang nie, realiseer nie. En die publiek elkeen ‘n stok gee om daarmee te doen wat hul wil nie.
En ja, landsake maak my passievol
Ek sien die dominee en ek voel nogals baie dieselfde
Sjoe maar jy is kwaai vandag…. ek tog dit gaan ‘n lekker ligte post wees hierdie
Ai tog, jammer man Dm – ek dog dit WAS lig.
Man wat onderstebo hang weeg niks
jou gemaksone agterlaat en iets doen wat glad nie in jou aard is nie!
mmmm, ook maar bietjie algemeen… maar doen ook sulke lekker dinge… dit sal ‘n post of sy eie wees.
Kaalvoet is reg. Enigiets wat jy doen wat jou onveilig laat voel, laat al jou oorlewingsinstinkte wakker word…en dan LEWE jy.
Soos…hmmm…om vir die eerste keer die Comrades te gaan hardloop op… gevorderde ouderdom, sal ek maar se.
Of…om vrese vir liefde en seerkry by die venster uit te moer en voluit te gaan. Stukkies kan mens later weer optel, as dit moet. Of dalk nie. Wie sal weet voor mens nie probeer het nie?
Of…om met ‘n eina bikini op ‘n vol strand te loop met ‘n kick-ass attitude. Ag ja…dit sal ek regtig eendag wil doen.
OK, comrades ‘n no-no vir my.
Nommer 2…..mmmmmm, ek sal bietjie dink
Nommer 3…..obviously ietsie vir die skoner geslag
..voor jy nie een aand na ‘n lekker ‘party’ besluit het om met jou man / vrou langs die see te gaan ‘park’ en bietjie te vry ensovoorts nie (in die motor), en dan kom skyn die polisie ‘n flitslig op julle, op die mees onmoontlike oomblik, en vra jou wat maak jy daar en wie is die eienaar van die motor!!!
…WP die Curriebeker op Nuweland sien wen het nie.
Whaahahhaaha!