Archive | 7:57 vm

Verjonk die Gees….

9 Nov
foto: cardsunlimited.com

foto: cardsunlimited.com

Onthou julle nog die sorgvrye dae van uitsien na kinderpartytjies. Om met jou maatjies te baljaar en tonne suiker in die vorm van koeldrank, lekkers en koek te verorber?

Toe word ons so bietjie ouer, nie noodwendig meer verantwoordelik nie, maar oud genoeg om alkohol as deel van die pret te hê – Yip, ek praat van die drinking games – Kan julle dit nog onthou?

En toe word ons meer volwasse, en baie meer verantwoordelik – en daardie dae van sommer net pret hê word iewers in File 13 van die brein weggebêre…. tot gister, toe ek van hierdie oulike idee vir ‘n, sal ons sê meer volwasse groepie, as drinking game gehoor het. Nee, nie ‘n swinger partytjie nie… sommer net ‘n idee om bietjie die sorge in File 13 in te gooi, en bietjie pret te hê.

Dit is ‘n Dobbelsteentjie-Ete / Dice-Dinner. Jy nooi die gaste en daar word 6 gange gebring/voorberei. Laat elkeen ook sommer ‘n bottel van die gekose strafdrankie saambring. Bv. slaai, sop, vleisdis, nagereg, kaas-en-beskuitjies en koffie. Jy nommer dan ook hierdie disse van 1 tot 6.

In die eerste rondte kry elkeen ‘n beurt om die dobbelsteen te gooi, en jy moet dan jou porsie neem van daardie dis wat ooreenstem met jou nommer, byvoorbeeld as jy ‘n 5 gooi, en Koffie nommer 5 is, kry jy net koffie.

Nou begin die pret by rondte 2 :lol: As jy weer die nommer van die dis gooi waarvan jy klaar geëet het…. strafdop tyd. So gaan dit aan tot die eerste persoon van al 6 die disse gehad het.

Is daar enige ander speletjies daarbuite waarop ek die laaste paar jaar al uitmis?

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers