Archive | 7:07 vm

BIDorBUY vir die groot menere….

10 Nov
Enzo
2003 ENZO

Ons ken almal vir Bid or Buy…. selfs die oorseese weergawe, eBay, maar dan is daar nou ietsie in ‘n heel ander klas – BillionaireXchange.

Die resessie knyp ook maar aan die mense met die baie nulle bedrae in hulle bankrekenings, en om van hulle duur speelgoed ontslae te raak, het hulle natuurlik ‘n spesiale plekkie, vir die spesiale mense met die spesiale bedrae geld. Hier kan jy nou van jou onbekostigbare besittings op aanlyn veilings sit, of selfs die bates onder mekaar uitruil.
Gulfstream
Gulfstream V

Ek het so bietjie gaan loer wat hierdie mense wat nie meer hulle bates kan bekostig of onderhou, daar ten toon stel. Sjoe…. Dit is alles so mooi. Wat jou sommer dadelik laat besef jy werk hier met ‘n ander klas veiling, is die kategorieë: Arts and Antiques, Luxury Vehicles, Boats and Yachts, Luxury Real Estate, Jewelry and Watches en dan Planes and Helicopters.

Hier is ‘n seleksie van die beskikbare items – Almal gelys met die openingsbod:
  • Seiljag 49,000,000 USD
  • Gulfstream V 40,400,000 USD
  • Enzo Karretjie 1,200,000 USD
  • Kasteel in Italië 9,000,000 Euro
  • Vleuel Klavier 150,000 Euro

BillionaireXchange maak so ‘n 5% fooitjie op suksesvolle transaksies. Maar voor julle nou almal hier wegspring om jou miljoene te gaan blaas – Om lid te word en te registreer, moet jy ten minste $2,000,000 werd wees (en dit moet bewys word)

Happy Shopping!

 

 

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers