
- 2003 ENZO
Ons ken almal vir Bid or Buy…. selfs die oorseese weergawe, eBay, maar dan is daar nou ietsie in ‘n heel ander klas – BillionaireXchange.

- Gulfstream V
Ek het so bietjie gaan loer wat hierdie mense wat nie meer hulle bates kan bekostig of onderhou, daar ten toon stel. Sjoe…. Dit is alles so mooi. Wat jou sommer dadelik laat besef jy werk hier met ‘n ander klas veiling, is die kategorieë: Arts and Antiques, Luxury Vehicles, Boats and Yachts, Luxury Real Estate, Jewelry and Watches en dan Planes and Helicopters.
-
Seiljag 49,000,000 USD
-
Gulfstream V 40,400,000 USD
-
Enzo Karretjie 1,200,000 USD
-
Kasteel in Italië 9,000,000 Euro
-
Vleuel Klavier 150,000 Euro
BillionaireXchange maak so ‘n 5% fooitjie op suksesvolle transaksies. Maar voor julle nou almal hier wegspring om jou miljoene te gaan blaas – Om lid te word en te registreer, moet jy ten minste $2,000,000 werd wees (en dit moet bewys word)
Happy Shopping!
Filed under: Dagklad | Tagged: billionairexchange, duur, speelgoed, veiling



Wil iemand asb vir my die kasteel in Italie koop? Pretty please?
Ja ek sal… Ek het die lotto gewen…
Die eerste vyf wie se wenslyste ek het sal ek uithelp!
Ag Girl, terwyl jy nou aanbied, koop sommer vir my TWEE kastele, sal jy?
Gaan julle twee omgee as julle nou as bure opeindig? Of soek julle in verskillende streke?
DAAR IS NOG 3 WENSE OOR MENSE!!!
Gaan julle twee omgee as julle nou as bure opeindig? Of soek julle in verskillende streke?
DAAR IS NOG 3 WENSE OOR MENSE!!!
Ek sal die seiljag vat asseblief.
Ag wat vir so klein aansluitings fooi doen ek dit lag lag
Dink ek ook mos…
Ek sal die Enzo -karretjie neem…..
Nou sê jy my. Net gister my kredietkaart se limiet verminder! Damm!
Ek sien daar is ook ‘n 50.66 karaat, internaly flawless ligpienk diamant. Versekering waardasie $60,000,000 teen ‘n beginbod van 13,000,000 GBP
Jis…. Ek sal nie omgee vir net 1 Kt van daai nie!
Hierdie Bidorbuy is bietjie te duur!
Net bietjie
genade…
al wat ek nie verstaan nie, is hoekom mense met soveel geld goed tweedehands koop?
Die resessie knyp seker die mense met die baie geld ook.
is waar, ja…