
In Flanders Fields
In Flanders fields the poppies blow
Between the crosses, row on row,
That mark our place; and in the sky
The larks, still bravely singing, fly
Scarce heard amid the guns below.
We are the dead. Short days ago
We lived, felt dawn, saw sunset glow,
Loved, and were loved, and now we lie
In Flanders fields.
Take up our quarrel with the foe:
To you from failing hands we throw
The torch; be yours to hold it high.
If ye break faith with us who die
We shall not sleep, though poppies grow
In Flanders fields.
— Lt.-Col. John McCrae (1872 – 1918)
Op die 11 de uur van die 11 de dag van die 11 de maand is die ooreenkoms onderteken wat die einde van die Eerste Wêreldoorlog beteken het. Ten spyte van die verskriklike lewensverlies, en die duisende poppies wat in die omgedolwe velde opgekom het om as herinnering te dien….. het baie min in amper ‘n eeu verander…….
********
Bloed verkleur die modder tussen bene en arms en ander stukke wat voorheen lewe was en nou as ’n boete dien vir ander se besluite, terwyl die gewere en bomme ’n kakofonie dirigeer oor die eindelose groen velde en nog ’n naam in die lys van tere herinneringe gebeitel word. Stukkies word geskraap en onder eindelose rye spierwit kruise in die omge-oorlogde aarde begrawe. Daar waar die nuwe lente duisende poppies tot aandag gaan roep in kleur so rooi soos veldslagbloed. Die mooi ter gedagtenis aan geskiedenis wat mense was, en soveel meer as name gebeitel in marmer sou kon wees.
********
Naskrif: Ek weet nie hoeveel van julle het dalk familie in die twee Wêreldoorloë verloor nie, maar ek kom toe nou vanoggend op hierdie oulike werf af.
My oorlede ouma se eerste man, my twee ooms se pa, is dood in die Tweede Wêreldoorlog. Ek het nog altyd oor hom gewonder, bv. waar hy begrawe is ensovoorts.
Ek vind toe die webwerf van die Commonwealth War Graves Commission. Hulle lys die bykans 1,7 miljoen soldate en ander wat in die twee ooloë beswyk het, hulle range, sterfdatums ens. asook waar die graf is, as dit wel bekend is.
En nou weet ek hy is in die Oologsbegraafplaas in Assissi begrawe. Cool nê!
Filed under: Diep Denke | Tagged: WWI, In Flanders Fields, Red Poppy



Jinne… Oukie… Ek is mal oor die ritme van die bloed verkleur stukkie!
Ek sal nou nie weer dieselfde na ‘n poppie kan kyk nie… Herinnering op ‘n veld, maar tog sag op die oog.
En tog vergeet die mens om te onthou.
wat sê mens hierop?
Stukkies word geskraap en onder eindelose rye spierwit kruise in die omge-oorlogde aarde begrawe.
SO ongelooflik treffend
dankie dmi
Mens kan niks sê nie – Vandag dalk net treur oor die mensdom vandag.
“God gave men courage and women tears, the one to fight and the other to mourn for what men do to each other”
Mag ons tog eendag leer . . .
Ek glo nie in ons leeftyd nie PJ… maar daar is tog nog hoop.
Ag, dis ‘n helse sad geskiedenis. Die mensdom is evil.
Dankie vir hierdie stukkie geskiedenis. Ek het vroeg al hier kom lees en dit het my heeldag bygebly. Oorlog is SO ‘n onnodige ding, maar waar mag te sprake is, sal die mens seker nooit leer nie.
My ouma se twee broers in in die oorlog oorlede. Sy het altyd vir my ‘n foto van hulle grafte in die vreemde gewys. Dis al wat hulle gehad het. Ek gaan bietjie loer na daai website.
Yip… mag, energiebronne… dalk binnekort kos en water…..
Doodgaan op die slagveld is dalk so `n klein bietjie beter as om keelaf gesny te word in jou eie bed.
Ek sien Ghadafi sê die Palistyne behoort hulle eie A-bomme te hê. Dalk is hy reg ……. daar is te veel mense op aarde.
Wat van `n bom wat alle mense steriliseer vir die volgende 50 jaar?
Ons het vir lank nog nie die einde van oorloë gesien nie…… daai bom is dalk nie so ‘n slegte idee nie.
En ek kan niks meer se as wat alreeds gese is nie. Daai link wat jy gegee het is baie interessant.
Miskien moet Die Bom die mense net impotent maak vir 50 jaar?
Ag tog. Dan sal baie pynpil vervaardigers ten gronde gaan. (nie vannaand nie skat ek het hoofpyn!)
Ek dink die sterilisasie is ‘n beter idee as impotensie….. regtig.