Ek wonder of ek genoeg verskil in ander (uitgesluit familie en vriende) se lewens maak, dat ek gemis sal word as daar vandag ‘n rooi bus oor my ry?
Filed under: WEW 2009
Ek wonder of ek genoeg verskil in ander (uitgesluit familie en vriende) se lewens maak, dat ek gemis sal word as daar vandag ‘n rooi bus oor my ry?
Filed under: WEW 2009
nah…hoewel, as dit ‘n BLOU bus is…
Hoekom… bestuur jy ‘n blou bus?
Dit is seker ‘n vraag wat elkeen self moet antwoord. As daar ‘n antwoord is.
Ek dink oor die algemeen is die antwoord nee.
Dis bietjie depressing…
Neee fok… Dit is onmoontlik!
Mens sal seker nooit regtig weet nie tot en met jou begrafnis. Jy kan jou voordoen as dood en dan sien hoe die mens reageer by jou begrafnis en die dinge wat hulle kwytraak. Die een wat plastiek kranse bring is die eerste wat jy bydam!
Nevermind bydam…. ek skiet daardie persoon en die plastiekblomme die ewigheid in – Hulle kan dan maar my klaargegraafde graf benut.
Ek onthou ‘n inskrywing wat Bertus!/Piesangboer destyds gemaak het oor die afwesigheid van ‘n gaping wat ‘n nie-Bertus! met sy afsterwe sou los.
Hy het aanvanklik gedink dat sy nie-wees ‘n leemte sou los wat onvulbaar is deur ander. ‘n Oop stoel aan die etenstafel.
Maar, soos hy die heengaan van ander beleef het, het hy agtergekom dat die leemte wat nagelaat word, wel vinnig deur ander mense gevul word. Die lewe gaan aan; iemand anders gaan sit op jou stoel.
Uiteindelik het hy berusting in sy relaas gevind dat hy juis deur sy heengaan vir ander mense ‘n lewendige ruimte bied om te kan vul.
Hy het dit natuurlik mooier vertel; met meer boeddhistiese vervlegdhede.
Ons almal is op pad na swanger grafte.
Seker waar daardie ding… so depressing as wat dit dalk mag klink.
Feit is, jy kan nie werklik lewe sonder dat jy vrede gemaak het met die feit dat jy te enige oomblik daardie “swanger graf” kan ful nie.
Hmm. Ek dink as jy tieners het wat jou alewig afpers vir meer sakgeld of voordele, sal hulle jou mis as jy die dag nie meer daar is nie.
Moenie so depressing wees nie, mense! Natuurlik sal iemand jou erens mis! Tensy jy natuurlik ‘n naam soos Hitler of Mugabe het…
Vlam
Onthou, familie en vriende is uitgesluit.
Die bloggers sal jou mis
DMI sal seker ook deur die bloggers gemis word.
Rerig?
Ag ja. Ek dink so.
hoekom rooi?
ek sal ‘n traan kan (moontlik) pik dmi. chin up. jy sal nooit weet tot dit te laat is nie , ne?
Laat my dink aan gevaar… ek dink
Hier kom agteros ook in die kraal.
Jip… Die lewe sal verseker nie dieselfde wees sonder jou nie. Maar onthou… Jy sal moet oppas… want busse kom in drie!!!!
Ek dink dis ok… ek wil net 1 keer doodgery word
Ek sal jou mis
Ek sal jou sommer baie mis
Ek het nou eers op jou blog afgekom. Maar ek dink al die ounes waarvoor jy geld skuld sal jou mis.
Laat ek nog so bietjie lees wat jy alles skryf ek is seker jy sal gemis word
Lekker lees.