Die klein voëltjie het pas uitgebroei, en hy verwonder homself al klaar aan die ander wat deur blou lug swiep…. op en af. Op tot waar hulle net ‘n spikkeltjie in die lug is, en dan ‘n duik na onder. Hy wil dit ook doen, Ma en Pa sê wag eers bietjie… maar hy kan nie. Hy skuifel tot op die rand van die nes, maak sy klein vlerkies oop en strek. Die opwinding bruis deur sy are as hy sy oë toeknyp en spring.
Die slag teen die klip vergruis elke beentjie in sy lyfie…. die skok veroorsaak onmiddelike dood. Vrek.
Geduld is ‘n goeie deug om te hê, en as jy nie geduld het nie… een om te probeer ontwikkel. Party dinge is dalk bedoel om bietjie langer te vat, in die strewe na perfeksie.



Ware woorde
Gross voorbeeld. Shame die arme kuiken.
Die persoon wat geduld gaan bottel en verkoop gaan ‘n fortuin maak.
Ek het die voorbeeld so bietjie “sagter gemaak” –
Jy wil nie die original sien nie!
Hmmm… Give time… time… Jip… Nou moet ‘n mens net leer om geduldig geduld aan te leer!
Daai geduld-ding kom nie maklik nie
geduld?? wat is dit?? ek sukkel verwoestelik baie daarmee. het myself al menigtemaal soos die stomme kuiken teen die klippe te pletter geval van nie die kan wag nie …. gelukkig net met paar bloukolle en ‘n gebreekte been of twee …. nog nie totaal en al te pletter nie
maar met geduld behoort ek daardie ook te ‘cover’
Mens kan met positiewe denke… die probleem lê by mens se denke verander… Ek probeer – miskien sal ek dit regkry.
dmi toe ek dit lees het ek aan myself gedink hoendervleis uitgeslaan!!! Dit is so waar hierdie woorde dankie vir hierdie pragtige stukkie!! GEDULD het ek nie!!
Ek ook nie, maar ek probeer darem. Positiewe denke!!
Geduld is ook net ‘n stadige manier om jou moer te strip . . .
Maar as jy in die proses besef hoe doelloos dit werklik is…. strip jy dalk nie jou moer nie
Dit is doelloos as jy daardie energie kanaliseer in afbrekende gedrag. Reg aangewend kan dit somtyds voordelig wees. Mens moet natuurlik ook waak daarteen om nie geduld as verskoning te gebruik om iets aan te hou uitstel nie.
Nee, moenie geduld teenoor uitstel stel nie. Geduld is iets deurdink sonder om oorhaastig te wees. Uitstel is iets, wel uitstel…. die tydperk uitstel omdat jy dit nie wil doen nie.
Soos jou half jaar SARS
Lyk my geduld is maar ietsie waarmee ons almal sukkel…. dit kom nie maklik nie, paar ons kan ten minste poog……..
Die ding is, mens moet seker maar net besef dat in die lange duur gaan dit BETER vir jouself wees.
Maar ek dink daar is ‘n duidelike onderskeid tussen geduld met self en geduld met ander.
Geduld met jouself verg aanvaarding wat ons nie altyd ervaar nie. Gedagtes bepaal ‘n mens se optrede en dit het gewoonlik ‘n kettingreaksie.
Geduld met ander… hmmm… nou jou reaksie op ander maak hulle weer op ‘n manier optree wat dalk minder nice is in gevolge.
Nee vrek… ja… Kom ons try maar
Anders slat ons earthlings mekaar dood uit pure frustrasie
ek kan daarmee saamleef
kan ons net een of twee uithaal voor ons die geduld ding doen nie?
Bets!
My ou maaikie. Long time!
Wil jy hulle self uithaal of moet ek die boere mafia / lebanese connections of die Italianse mob inroep!?
waar ek nou is Girlie doen ek geblindoek, met ‘n glimlag vrou alleen kaalvoet oor die Drakensberge !!
ons kan die mafia hou as backup!
Reg… ek kyk uit vir daai rookseine van jou… Onthou
· · · — — — · · ·! :mrgreen
Ek dink ek was awesig die dag toe dit uit gedeel is…
Yip… so haal dit mens in nê
Een eienskap wat ek ver te kort skiet. Geduld! Alles moes gister al gebeur het.
Dis die een ding waarvan ek hope het – ek weet nie rerig waar ek dit berg nie, maar sodra ek dit nodig kry, kom dit sommer vanself. Ek sal ‘n ding 25 keer vir iemand verduidelik sonder om mislik of moeilik te raak … en DAN sien jy hoe dit vrugte afwerp – en glo my, daai vruggies is soeter as stroop.
Yippeeee… Dellie is die WENNER!!
[...] tag dan vir Demoerin, Chopper, Harry, Phibbie en [...]
· · · — — — · · · !
· · · — — — · · · !
· · · — — — · · · !
al die veld is vrolik !
Bets! Jis sukkel ek nou om daai rook in die verdomde oortrokke lug te sien.
More!
More! Julle is lekker vrolik hier?!
Geduld…dit IS ‘n mooi deug. Wens so ek het dit gehad.