Wanneer verander oorboord in OORBOORD gaan?
Niksvermoedende jongman vanaf Oxford gaan kuier vir sy vriend in Londen. Dit is 10 uur in die oggend, hy is bietjie laat, en parkeer sommer op die geelstreep, so 400m van No 10, Downing Straat af. So 16 ure later, toe hy terugkom by sy kar is daar net ‘n uitgebrande wrak.
Die terreurpolisie het besluit om sy kar moer toe te blaas met twee beheerde ontploffings, want hulle het gedink dit kan ‘n moontlike terreuraanval teen die Premier wees… WTF? 400m weg? Jy sal ‘n flippen atoombom moes hê?
Wanneer raak erg, TE erg? Kan julle aan nog sulke voorbeelde dink? Ek moet erken – Ek is ook nie ‘n groot fan van Bybel-Onder-Die-Arm mense nie.
Crazy!
Hel….. as daar nog sulke voorbeelde is leef ons inderdaad in ‘n crazy, crazy wereld!
Wat is jou definisie van bybel-onder-die-arm mense?
Mense wat permanent voel hulle moet die evangelie in my keel afwurg…..
‘n Mens moet net nie vir dit val nie… sodra hulle ‘n argument begin… moet net nie saam begin praat nie… hulle sal eventually verveeld raak oor hulle nie reaksie kry nie en ophou!
Snaaks genoeg hoe min van die Bybel-onder-die-arm mense se Bybel kry trapplek in hulle harte.
Ek verstaan die ou kan nie die eis vir sy kar wat opgeblaas is nie. Ek sal maar eerder van nou af Uniegebou toe loop.
Yeah right… Loop… daai moerse bult aandurf…
aanstap rooies…. die pad is lank en swaar….
Nell
Ek mag jou dalk verbaas.
Been there, done it, got no tshirt.
Wat doen jy by die Uniegebou?
Ek is mal oor die plek. Doen gewoonlik niks daar nie, maar gaan gereeld.
Maar is alles nie afgebaken en toe gesluit dat jy nie meer daar kan rondloop nie
Nie die terrasse nie.
Ek’s bly dis nie net in SA waar mense soms die kluts kwytraak nie! Maar imagine nou net dit HET hier gebeur? Dan sou ons weer ellelange stories gehoor het oor hoe incompetent ons polisie is, ens, ens.
Raak ek nou opgewen…
Hi Vloekwoordjie
Baie dankie vir die mooi boodskap!
Hoop darem jy was bietjie deur die boeroom en die boertjinners bederf.
Droë taost en olierige roereiers. Is dit bederf of marteling? Die kinders het gelukkig die koffie vergeet, anders het ek wragies in ‘n koma gegaan!
dalk trigger happy dalk gewees? moontlik oorskiet plofstof gehad? nuwe oefensessie vir die mensies? reken ek sou effe ontsteld gewees het as my karretjie die hiernamaals ingeblaas is…
maar ek kan nie anders as om te lag ook nie. kan julle net die man se gesig visual?
ek is ook nie groot op bybel-onder-die-arm mense nie. hulle hou ook nie te veel daarvan as jy ander versies uit die Bybel aanhaal waarvan hulle nie hou nie …
kan nie nou aan nog te erg dink nie. ek giggel nog vir die man se gesig …
Hi shame Betsie… dit is wreed, kan jy net imagine?
is seker shame en wreed maar dit bly nogal funny vir my !!!
Picture this: Scicily, 1920 KABOOM ………..
TE erg is die mense met die gips beeldjies in hulle tuine. Hali Haa!! Hier is ‘n huis straaf af om die hoek en drie blokke regs wat van ‘n arend tot ‘n akkedis teen die muur het. Dan praat ons nie van die tweede graadse water feature wat uit die muur loop nie ..!!! … ook nie van die matching dwergies nie … nog minder van die pilaartjies wat al langs die tuinpaadjie afstaan….
kan mense net nie sien as hulle TE ver gaan nie??
Te ver is heel duidelik ook ‘n persoonlike opinie, party mense bereik blykbaar nooit daardie punt nie – soos die weduwee se kruik… nog en nog en nog….
Geniet jou dag!
Wel, die Bybel sê……
Ek joke
Op ‘n ernstiger noot, ek is net moer bly dit was nie een van daai ou Riool trokke gewees nie.
Genugtig, en jy sê hy kan nie eers dagvaar nie? Hy moes seker meer jou naam gewees het as wat jy in ‘n lang tyd kan wees? Ek sou!
Yip, hy sê hy erken hy was verkeerd om op die geel streep te parkeer, maar die kar is in sy naam geregistreer en as hulle net ‘n oproep gemaak het sou hy met graagte sy kar kom verwyder het…. en die boete betaal het…. MAAR jou kar opblaas
geNADE…
Kan dit weer sê… die wondere van burgerskap aan ‘n land….