Demoerin is eintlik nie SO demoerin nie. Ek is eintlik maar ‘n heel rustige, happy-go-lucky outjie. Hierdie laaste week egter is my moermeter permanent in die rooi…. die stoom bou op en die liggies flikker en die alarm skreeu, en ja, iets in die vorm van Mt. Vesuvius is aan die opbou – maak net seker jy is nie my Pompei nie. Is kwaadgeid ‘n karakterfout in die mens?
Ek wonder nou maar net, met die feit dat die antieke Egiptenare so lekker bloedskande gepleeg het, en dit heel moontlik heel aanvaarbaar was, en dus seker deur ander ook gedoen was…..
Hoeveel van ons DNA ensovoorts, foute wat ons vandag as mense ondervind, kan ons op hierdie kom-ons-hou-dit-in-die-familie verhoudings blameer. Kan ons dit enigsins doen?
Kan ek vandag my baas by die venster uitgooi, terugstaan en sê – Daardie verdomde Egiptenare?
Onlangse ondersteuners: