Goed, ek het vir Vrydagskool hierdie week Biologie op die agenda gehad. Ek het die vir totaal en al selfsugtige en in-jou-gesig-uitkoggel redes na Musiekwaardering toe verander…. dit sal nou-nou blyk hoekom.
In Las Vegas, Nevada word ‘n groep met die naam The Killers in 2002 gevorm. Hulle land uiteindelik in die VK op met optredes in kroeë en nagklubs. Hulle eerste album Hot Fuss word in 2004 vrygestel. Daarna volg Sam’s Town (2006), Sawdust (2007) en Day & Age (2008).
Die lys van nommer 1 liedjies op verskillende lyste is net te veel om te noem, en daarmee saam die ongeveer 70 nominasies vir versillende toekennings waarvoor hulle die afgelope 5 jaar benoem is, en 17 gewen het. Hulle eerste album Hot Fuss (2004) alleen het 5 Grammy nominasies ontvang, en het teen 2006 al 7,5 miljoen kopieë verkoop.
My gunsteling songs is net te veel om hier op te noem – En hulle het net 4 albums vrygestel……… Sam’s Town, Somebody Told Me, Mr. Brightside, All These Things That I’ve Done, When You Were Young, For Reasons Unknown, Sweet Talk, Human…….
Heeehaaaaaa Jozi, sien julle vanaand by die Dome!!
Tonight Demoerin is a Willing Victim of The Killers!!


Onlangse ondersteuners: