Toe iemand Vrydag-oggend genoem het dat The Killers se konsert een is wat jy vir die volgende 20 jaar gaan onthou, het ek gedink dit is ‘n bietjie oordrewe. Ek het verkeerd gedink……
Dit was ‘n aand wat ek vir ‘n baie lang tyd gaan onthou. Van die openingsgroep, wat Zebra en Giraffe was, tot die laaste noot van die laaste Killers song, was dit ‘n aand wat in my brein onder “Moer Lekker” geliasseer gaan word.
The Killers is nou maar net een van daardie groepe wat die ongelooflike kwalitiet besit dat hulle selfs beter lewendig op die verhoog klink, as op ‘n CD.
Hulle is ook nie skaam om kwessies deur hulle musiek aan te spreek nie, en ek wonder nou al die hele naweek oor die een.
As ek die koerante lees, die nuus kyk of met ander mense gesels oor wat op hierdie aardbol aangaan – en dit alles met die mens se betrokkenheid, kan mens nie help om te wonder nie:
Are we human?
Onlangse ondersteuners: