Ek dink, en skryf, nogal baie oor menswees. Dit is iets wat my geweldig fassineer, juis omrede die feit dat daar soveel verskillende fasette betrokke is. Ons is tot baie meer in staat as wat ons onsself wysmaak. Ons is tot baie meer in staat as wat ons onsself wil toelaat. Ons is lui om te groei, want dit verg werk om te streef na volledig menswees.
Miskien is ‘n goeie begin om op ‘n skaal te bepaal hoeveel plek daar in jou lewe vir groei is. En waar gaan ons ‘n beter skaal kry, as iets waar ek as mens geen aandeel in het nie………





hierop antwoord mens met stilte terwyl jy met jou voete in die water sit en net die skoonheid indrink
Ek kom sit langs jou in stilte…. met ‘n yskoue bier.
Pragtige kiekies van jou hoogtepunte!
Natuurlik laaik ek die wolke een erg kwaai!
Soveel meer as hoogtepunte… herinneringe aan hoe ver ek in my volledig menswees nog te kort skiet.
Ek glo ‘n mens is net volkome mens wanneer niks jou meer terug hou nie en daarin faal ons almal!
Dink ek…..
Ek self skiet moerse tekort…Dalk oor ek so kort is?
Ons skiet almal tekort…. jy gaan nooit die stadium bereik waar jy volkome mens is nie…
Ek glo dis wesenlik… Maar dit verg harde werk to face your demons en neem commitment.
Ek dink dalk is ons net bang en lui want sodra jy die proses begin kan jy nie juis ophou nie. So dan los ons dit eerder.
Menswees is weird….
Mooi foto’s! Ek kan die rustigheid aanvoel.
Dankie. Ek sirkuleer hulle gereeld op my desktop. Dit voel soms of ek dan by die venster uitstaar.
Daar is altyd plek vir groei.
Hoekom kry ek so verdrietige vibe hier by jou, DMI?
Nooit nie, net bietjie nabetragting oor hoeveel plek daar vir groei is om te strewe na volledig menswees.
Stunnig foto’s
Is dit die moeite werd om te lewe as jy nie meer kan groei nie.
Nee, maar daar is mense wat net te vrede is met waar hulle hulself bevind… sonder inagname van op watter vlak van menswees hulle hulself bevind.
Maybe our faults define us and our ability to see the direction we should grow towards, or maybe our faults make us human. Pass the spiff there Budd.
Yip, maybe it is just that… our faults make us human, maybe too often used as excuse