Archive | 7:20 vm

In die wolke…

5 Jan

Ek sien hierdie foto’s van die wolkekombers oor Jozi as my afskeidsgeskenk voor ek getrek het.

Partykeer voel dit of daar ‘n wolkkombers oor ons koppe gewerp word. ‘n Kombers wat ons drome en ideale verskans, en ons in die donker onsekerheid dompel, sonder lig as rigtingwyser. Maar dan besef jy dat die kombers slegs tydelik is, en dat dryfkrag, ambisie en positiwiteit die wolk soos mis voor die vroeë oggendson gaan laat verdwyn. Partykeer is ‘n nuwe perspektief al wat nodig is.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers