Oor hoe Maja by die blommetjies uitgekom het, toe die blommetjies hulself onderwater bevind het.
Ok, die blommetjies is nou nie onder water nie, maar jy kry die idee – Oefen sommer bietjie die buite-die-doos-dink skills.
Sonkind het my bietjie bekommer die afgelope week, toe sy by Johan en by Flintie gevra het oor hoe die sluwe, onderwater gutterseks nou eintlik werk (wel gelukkig eintlik net die “onderwater” gedeelte). Ek het gedink ons moet dit maar so vinnig moontlik behandel voor sy dalk haarself in ‘n onderwater penarie bevind, of dalk in ‘n hospitaal in traksie….. of voor BB die onderwerp highjack en ‘n boek skryf…
Die verwysing na “onderwater” in die term “sluwe onderwater gutterseks” (SOGS) het eintlik meer te doen met die tipe fornikasie, as waar dit plaasvind. Jy weet, daardie pornstêr-monkeynastics wat Moeder en Vader nie tydens die “groot praatjie” van “maja en die gousblommetjie” behandel het nie.
Om teleurstelling egter te voorkom, het ek dit goed gedink om tog ‘n lysie op te stel van maniere hoe ek dink jy die onderwater probleem (ja, dit is ‘n probleem want mense is nie met kieu geseën nie, en aangesien jy jouself soos ‘n dier gaan gedra is dit nie te sê jy het al die voordele van visse soos kieu nie) kan oorkom:
- Hou jou kop bo die water, of kom gereeld op vir asem. Dit is natuurlik cheat want dit is dan nie onderwater nie, maar kan oorgesien word as jy ‘n beginner is.
- As jy skuba-toerusting besit kan jy sommer terselfde tyd jou duiktegnieke oefen.
- Gaan op ‘n duikboot toer en word deel van die Mile Below Club.
- ‘n Meer hoërgraad tegniek wat geoefen kan word is met snorkeltoerusting (in die begin gaan jy dalk baie water sluk, maar aanhouer wen).
- Jy kan strooitjies by mekaar indruk soos in die flieks as hulle vir die skelms wegkruip, maar om een of ander rede kan ek nie myself indink dat dit gaan werk nie……
- Jy kan natuurlik ook jou asem ophou en ‘n heel nuwe betekenis aan die “spoedraps” gee…..
- Voel vry om nog idees met ons in die klaskamer te deel…….
Daar is vir voor die hand liggende redes geen klaswerk nie, en ek sal ook verkies as daar geen foto’s of videomateriaal van huiswerk ingehandig word nie….. en met die huiswerk saam…. hou maar die emergency nommers byderhand!

Onlangse ondersteuners: