Hulle sê mos die dinge van jou onderbewussyn is wat in jou drome na vore kom. Kyk, ek weet nie wat in my koppie aangaan nie, maar ek wonder waaroor hierdie onderbewustelike denke gaan…..
Gewoonlik onthou ek nie my drome nie, maar hierdie een van gisteraand was vars in my geheue toe ek vanoggend wakker geword het. Ek het gedroom ek gaan kuier by my niggie en haar man. Ons sit buite by die swembad en ek onthou my oom het ook vinnig oorgekom vir ‘n drankie (van Durban af Roodepoort toe
). Elk geval, my oom vra toe my niggie of ek al vir Tarah ontmoet het… ek sê toe nee, en sy roep haar toe…..
Tarah kom toe aangedraf vanuit die swembad se rigting. Nie net is dit die grootste Tarantula wat jy al ooit gesien het nie (ons praat hier van poedel grootte), maar ook die harigste. Sy het sulke lang hare gehad, soort van soos jy op ‘n Yorkie sal vind. Tarah gaan lê toe natuurlik op haar rug met hierdie 8 pote wat so in die lug wriemel en ja… wag vir dit… my niggie deel my mee Tarah wil hê ek moet haar maag vryf, want sy hou duidelik baie van my.
Ek het nou-nou net gewonder waar ek vir Josef of Daniël in die hande kan kry…….

Onlangse ondersteuners: