Ek het nou so gelag…. want nie net is mense gullible nie, maar aan die anderkant ook slim. Die slimmes gaan baie geld maak uit die gullibles uit voor, en gedurende (en moontlik na) die sokker wêreldbeker.
Gaan loer bietjie by die webtuiste van Protektorvest. Vir $69.95 kan jy ‘n oorbaadjie koop wat messteekbestand is, en virre ekstra paar dollars kan jy ook die land wat jy ondersteun se naam, of vlag of ‘n kenteken of wat ookal jy sou verkies daarop aanbring.
Nou wat snaaks is, is die feit dat ek seker is meer mense sterf van skietwonde as steekwonde. Dit sou ook gehelp het as mens byvoorbeeld net op die bors, of die rug met messe gesteek word, want ongelukkig nie so is nie. Die baadjie laat jou gesig, nek, arms, boude en bene onbeskerm.
En die ergste van alles…. Met jou land se vlag op jou messteekbestande oorbaadjie gaan jy soos ‘n wuiwende palmboom in die Sahara uitstaan… in brits sal hulle seg – Sitting Duck. Wat cool is, want die kriminele sal dan die euro, dollar en pond draers makliker kan uitken, en dan kan die locals bietjie rus en vrede vir ‘n maand of twee hê.
Ons sal egter net die kriminele moet laat weet dat hulle die vuurwapens by die huis moet los, ons soek nou nie onbeplande lewensverlies nie want die baadjies is nie teen koeëls opgewasse nie….. en $69.95 is ‘n klompie geld.
Onlangse ondersteuners: