Archive | 8:39 vm

7 sekondes…

21 Jan

Binne die bestek van 7 sekondes is die eiland Haiti in ‘n rampgebied verander. Daar word geskat dat 200,000 mense hulle lewens verloor het. Die wêreld stuur mense en hulp en geld. Humaniteit word weer tot die uiterstes toe beproef. Daar is bitter min infrastruktuur in die hoofstad oor wat in werkende/bruikbare toestand is.

Maar ek sit vêr, en in Suid-Afrika kry ons mos nie sulke grootskaalse natuurrampe nie? Ek voel jammer vir Haiti, maar ook met ‘n sug van verligting.

Maar dit is juis waar ek verkeerd is. Nie ek of jy weet wat gaan gebeur oor 7 milli-sekondes, 7 sekondes, 7 dae of 7 jaar nie. Wat ek wel weet is, dat my lewe ook binne 7 sekondes kortgeknip kan word, en daarom moet ek werk maak daarvan om vir die volgende 6 sekondes te LÈÈF.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers