Hierdie was my uisig die grootste gedeelte van die naweek. Goed, nie heeltemal nie, want ek het nie die hele naweek lank Manhattan Murder Mystery gekyk nie. Kyk, ek het hulle deurgewerk – ‘Allo ‘Allo op BBC, flieks op die fliekkanale (Ingesluit City Slickers II, met ‘n baie cool animasie aan die begin van die fliek), Rugby en Krieket, America’s Got Talent, American Idol, Carte Blanche, Last Choir Standing ens. ens.
Snaaks genoeg is daar in sekere tydgleuwe soveel crap dat mens as ware opeindig met meer alleen en dinktyd as wat jy gedink het gaan gebeur
Die ander snaakse ding is dat ek nooit advertensies kyk nie. Ek het hierdie naweek probeer om die advertensies ook te kyk, juis omdat daar soveel kak op die ander kanale was, dat dit nie eers sou gehelp het vir jou om te surf nie, en van hulle was nogal oulik.
Ek het ‘n paar lesse geleer die naweek. Jy hoef nooit bekommerd te wees as jy die uitsending van ‘n program gemis het nie. Hy gaan weer iewers gewys word, meer as een keer, Carte Blanche het uitgewys hoekom ons nie moet wonder hoekom Eskom so pateties is nie, Land Rover het ‘n cool ad vir die Discovery 4, Jeep het ook ‘n cool ad van ‘n Wrangler in die woestyn…. en Survivor Santa Carolina het die mees irriterendste fokken advertensies ooit ( en dit is die tipe ads wat veroorsaak dat ek nie die goeies kyk nie).
PS. Ek het selfs in ‘n rare gebeurtenis dit op kamera vasgelê toe Mantu en Vroutu ook bespreek het hoe irriterend die Survivor advertensies is.
Tags: advertensies, herhaling, televisie

More, Laaitie. Lyk my jy het dié naweek te veel tyd op hande gehad? Jy’s verkeerd war ads aan betref—— dis eintlik fassinerend. Probeer jy ‘n boodskap skep wat miljoene mense sal inspireer om jou produk bo ‘n ander een s’n te koop, in nét 30 sekondes? Ons is mos langasems by die woordstoot; ek sal nooit goeie kopie kan skryf nie.
dit sal interessant wees om te sien wat almal se gunsteling ads is, en hoekom?
My oersoonlike gunstelinge? Jare terug se BMW ad, met die muis wat die Blou Donou op die stuurwiel dans en deesdae, die Cape Good hope ad, om logiese, voor die handliggende redes.
Party is dalk fassinerend… ander net plainweg irriterend. Fokkit, hoekom nog KFC adverteer
As jy nou nog nie daarvan weet nie is daar elk geval geen hoop vir jou nie… of het hulle jou dalk in ‘n grot tydens Survivor Santa Carolina gevind.
Daardie nuwe FFW advertensie laat my keer op keer lag. Die ou wie se vriende hom dare om tot in Kaapstad te reverse. Hy kry dit reg (sonder boetes of ‘n uitgebrande engin), net om by ‘ n onvoltooide pad af te val.
WHAHHAHAHAHHAHAHHA
Moet sê, nie te bad nie.
Sjoe, en hier dink ek heeltyd ek leef saam met ‘n couch potato? Advertensies irriteer my ook en daarom kyk ek liewer ‘n movie want daar is geen advertensies nie. Soms kan jy dit nie vermy nie en dan is my “gunstelinge” natuurlik die Verimark advertensies – hulle kry die “before” mense, die wat jou nou wil oortuig jou ou kombuismessie is uitgeleef, seker by een of ander spesiale skool.
Ek het alles gekyk wat jy gekyk het!
Het dit geniet om weer City Slickers te kyk, al was dit doerietyd baaaaie snaakser as nou!
Die Harpic advertensie irriteer die wille waks uit my uit. Wat het daai mens gevreet wat die toilet so beskuie het? Beet, ‘n hele week lank? En dan kom die twee modepoppies op hul ‘mobile lab’ daar aan en begin magically die rooi vlekke wegskrop… Daai ad gaan my nog in Weskoppies laat beland.
Ek het gelukkig nog nie daardie advertensie gesien nie.
Rare gebeurtenis… DMI kyk tv… oor die naweek
Raar, maar waar… nie ‘n wolhaarstorie nie
O ja, en ek HOOP iemand wil Eskom aan die short and curlies beetkry na gisteraand se Carte Blanche. Nee wragtig, wat te erg is, is te erg.
Ek moet seg ek was baie geskok… maar ja, vir my lyk dit is dit nou maar net hulle maatskappy-kultuur om sulke poepholle te wees…. die bestuurders se voorbeeld het ‘n groot impak op die personeel.
Sjoe,
ek kom nou eers agter dat Mantu en Vroutu wit is
Nou watse kleur het jy gedink is hulle?
Met sulke name en lippe… swart. Maar mens weet ook nie deesdae nie, om die waarheid te sê dink ek Vroutu is ‘n alien, met daardie weird boob-onder-die-arm ding freak sy my nogal uit.
Hmmm…. so moenie in die aand opstaan om water te gaan drink nie… Jy mag dalk net skrik…
LOL…. Ek dog daar is fout met jou oe en het gedink jy dink hulle kleur op die muur is nie wit nie… ok maar lekker starig!
Dit is die tekort aan suiker en alkohol wat jou brein laat vrot. Truce njannies.
Ek stry glad nie!
Ek het al lankal gewonder wnneer iemand daai onvoltooide brug in ‘n ad gaan gebruik?
Behalwe Markhams, so 3 jaar terug.
Wou nog ‘n foto hê waar ek op die kant staan, maar het nie daarby uitgekom.
Een van ons infamous landmarks, waaraan hulle niks kan doen nie. Wonder of iemand nie eendag ‘n keffie daar gaan oopmaak? Great tourist attraction!!
Ai, kyk net die Antie se slim planne. Laat ek net gou-gou notas maak.
Maar is hulle dan nie swart nie? Albei het knop holle (which I like) en dra goed op hul kop, Vroutu is kaalbolyf en weer preggies …
Dis baie cool either way.
Ek is seker daarvan soos hulle op daardie muur is is hulle wit… ekke drink nie by die werk nie… wel nog nie
M-Net het hierdie irriterende gewoonte om movies wat al vergete gewys het aanhoudend te adverteer. Ek het al vir hulle ‘n e-pos gestuur, mooi gesmeek om net flokkin wakker te skrik, ek het al amper my strykplank by die venster uitgegooi van frustrasie net as Sex in the City vir die hoeveelste keer in 1 aand geadverteer word. Ugggh
Gaan lees by hulle kletskamer Koeksister… hulle luister eenvoudig niks! NIKS se ek jou…
Ek het nou al so opgegee met ads dat ek maar gaan rook of koffie maak as hulle opkom, en guess what as ek terugkom is dit nog einde niet.
Hoekom ek nog TV lisensie betaal sal ek nie weet nie, want dit is 4 min fliek en 10min advertensies.
Juan
O, ek het vergeet om te vertel… Ek het ook kyknet se nuwe reeks Proesstraat gekyk. Dit is MOER snaaks! Gaan kyk gerus by kyknet.co.za by die clips onder Proesstraat, daar is 2 genommer Deel 1 en Deel 2
Ek het dit ook nou die aand gekyk – Vrek snaaks!
Ek het self weer daardie clips gaan kyk, en weer geskaterlag.
Lyk my hier mis jy ook niks, as jy opstaan om ‘n bier skies, lees vrugtesappie gaan haal… en jy kom terug dan is dieseflde nog op…
DMI
Jy raak nou so sleg soos daai teevee kanale!
Sê jy wat seker nog net twee posts hierdie jaar geplaas het
Regtig… is dit net twee?
Laat ek gaan check…
Dit help soms om so bietjie te oordryf om ‘n punt te maak.
Ag I still laaik you regardless…..
DMI wat my so demoerin maak, ek kyk maar min teevee, maar wanneer ek die dag kyk, is daar meer ads op die kassie as iets anders, teen die tyd wat al die ads klaar is, het ek al vergeet waarna ek gekyk het
ek laat my kop in skaamte sak oor ONS WERK SAAM – Andries is sy naam. Ek dink ek moet daardie post gaan delete!! Andries kort dringend BRILLE!!
Moenie nou gaan staan en simpel wees nie. Geniet dit fokkit. Jy verdien dit.