Ek het so bietjie oor die volgende gewonder:
Haiti is deur die aardbewing getref, en die inwoners wat kon het dadelik ingespring en begin help met die reddingspong. Enigiemand sal, want dit raak mense om jou.
Maar wanneer, en hoe, kom jy op die punt, wat jou menswees en humanitiet in die agterkop weggebêre word en dit nou gaan oor jou eie oorlewing? Hoe maak jy die besluit dat jy nie nou meer gaan grawe vir oorlewendes onder die puin nie, maar dat jy nou aan jouself en jou eie behoeftes van oorlewing begin dink?
Is daar ‘n gemiddelde tyd wat iemand so iets onder tonne puin kan oorleef?Dryf jou grommende maag jou tot buitmaak, roof en diefstal? Hoe sterk is die instink om te oorleef – Sal jy kan moord pleeg?
Sjoe… Ek dink darem nie as jy ophou grou dat dit geklassifiseer word as moord nie.
Ek reken al die slim mense het al bereken hoe lank ‘n persoon kan oorleef onder al daai gemors en hulle bring dit in bereking saam die honde wat oorlewendes soek.
Daai honde is so vrekken goed getrain… met die 911, het die honde so depressief geraak oor hulle bly voel het hulle faal, want hulle kon geen meer oorlewendes opspoor nie, soveel so, dat die brandweermanne en honde “handlers” speletjies begin speel het. Hulle het weggekruip sodat die honde hulle kon vind, net om hulle spirits op te hou…
Ek dink as honde so begin voel is die kans vir mense om moedeloos te raak net soveel beter. Na ‘n ruk sal jy net moet moed opgee… Gee jy te veel aandag aan een area, kon jy op ‘n ander plek meer effektief gehelp het.
Ek dink nie daar is meer iets oor om te plunder of te steel nie…
Dis is juis wat my hieroor laat wonder het, ‘n ou op die nuus wat gister van die opsporingshonde vertel het… en hoe mense langs mekaar, die een grou om lewendiges/liggame op te spoor, en die ander een loot om dit dalk te kan ruil vir kos.
Wat wil hulle ruil vir kos? ‘n Lyk?
Nee, soos elektroniese goed wat lyk of dit nog kan werk, juweliersware ens. ens. Ons sien en hoor blykbaar net nie van hierdie “donkerder” gedeelte van alles nie.
LOLOL… Kry ‘n mens enige iemand stadiger as ek! Ek meen REALY! Ek het regtig gedog ons praat van lyke hier!
Wel, mens weet nooit nie.
Jammer oor jou calculator. Ek dink elke mens gedurende krisus ervaar gevoelens van wanhoop. Saam met dit voel hulle afgesny van die normale lewe. Kinders, ou mense, hang af wie jou verantwoordelkheid is. Ek sal roof en plunder om kos in my kinders of ouers se magies te kry in soortgelyke omstandighede as wat Haiti nou het. Dit het ‘n ewigheid geneem om die kos en mediese netwerk te bewerkstellig. Kyk, ek sal nou nie ‘n ander persoon se kos gaan roof nie, ook nie plunder vir tv’s en yskaste nie, maar blikkies kos van ‘n plat supermark is iets anders.
Maar nou wonder ek, sal ons ooit regtig weet, voordat ons in die situasie ingedompel word?
My fisiese oorlewings wil is nie so sterk nie. Ek sal die storie so kyk… en weer kyk… en oor ek so geneig is om perspektief te verloor sal ek tien teen een hoop verloor… opgee… en net wag vir die dood…
Dit hang regtig net af hoe hormonaal ek is…
Nee wag ek praat nou stront…
My hart gaan ongelooflik uit na my medemens en ek sal enige iets doen om die wat swaarkry te help… en dus sal ek aan die lewe moet bly as ek wil help.
Sal jy mensvleis kan nuttig?
Ek dink nie so nie… Ek is van daai wat daar sal sit en met elke honger pyn dink… Ek word maerder… Ek word maerder…
Nie eers met ‘n lekker pepersousie nie
Mense het al kannibale geword om te kan oorleef. Op die oomblik kry Haiti nog heelwat internasionale hulp. Maar die dag gaan kom wanneer almal huis toe is. Die dag wanneer al die hulp kraantjies toe gedraai gaan word. Die dag wanneer die mense gaan sien daar is nie kos nie en daar gaan vir die volgende jaar of wat nie kos wees nie.
Haiti se ellende begin nou eers.
Ek wonder of ek mensvleis sal kan eet… met so ‘n sampioenroomsousie
Verbeel jou jy is n karakter in n gru fliek.
Persoonlik sal ek eerder met gras n kans vat.
Maar dit klink so vegetaries?
No problem !!
Ek neem aan hoe meer jy opeet, hoe minder moet begrawe word. Wen-Wen situasie. Hulle gee mos nie om nie.
Sjoe, lyk nie eers of Joh oor sy antwoord gedink het nie
Ek dink dit hang van persoon tot persoon af. Omstandighede wat van een mens ‘n held maak, maak van ‘n ander ‘n lafaard.
Ja, en tot jy in die middel van so ‘n situasie is…. is alles maar net bespiegelinge.
Wel, met my geluk sal ek een van die talle vasgekeerdes wees!
Ek sou graag wou dink dat niemand OOIT sal moed opgee nie! Ek wil nie weet hoe dit moet voel as jy daar in die puin vasgekeer lê, en WEET dat almal nou opgegee het en nie verder gaan soek nie.
Yip, ons kan maar net wonder.