Eintlik is dit nie snaaks nie, maar mens kan nie help om te lag nie. Die hele land was in rep en roer oor vuurwapenlisensies, herregistrasies, deregistrasies, inhandiging van ongelisensiëerde wapens ens. ens. Dit maak ons land ‘n veiliger plek. Kriminele steel die vuurwapens wat so ongebruik rondlê. Alles goed en wel, ‘n mooi gedagte….. MAAR
Eintlik blyk dit dat die polisie nogal ‘n groot bron van vuurwapens vir die kriminele is. In 2007 en 2008 is ongeveer 4,400 as gesteel of verloor aangemeld deur SAPD lede, nog 2,900 in die nege maande Januarie tot September 2009. Hoe verloor jy ‘n wuurwapen?
Elk geval, niemand weet waar die wapens is nie, maar ek is taamlik seker dit is in die hande van ons kriminele vriende. Ek is ook taamlik seker hulle het dit nie met die onlangse “Handig-Ongelisensiëerde-Wapens-In” veldtog ingegee nie.
En wat gaan hierdie uitstappie kos – R16miljoen vir 4,000 nuwe Beretta’s op bestelling. Maar ek is eintlik moeg gekla oor al die kak en drama, kom ons gee die breine bietjie oefening op ‘n Vrydag:
Enige idees hoe hulle kan keer dat hierdie polisie-outjies weer hulle gewere verloor?
Miskien kan elke pistool ‘n lussie hê waarmee jy kom aan ‘n larnyard om jou nek kan hang
Onlangse ondersteuners: