Daar is nog 120 dae oor voor die afskop van die 2010 Wêreldbeker Sokkertoernooi. 120 dae waarin ons nog heelwat mense met plakkate in strate gaan sien dans…. nie om besoekers te verwelkom nie, maar om die land vir ‘n losprys gevange te hou. Die ideale geleendheid om soveel as moontlik uit die land uit te wurg, om te keer dat die land se beeld nie skade berokken word nie, wel in elk geval wat van die beeld oor is.
Ek wonder of die regering gedink het al die landsburgers gaan in 2010 terugsit en soet wees, en wag tot die sokkerbesoekers weg is voor die betogings en stakings begin? Suckers! Kan mens so deur die kak wees? Vir die afgelope paar jaar word almal se reg tot stakings, om te kry wat jy wil hê, wyd verkondig en ondersteun…. en nou wil hulle sê dat die langarm van die gereg almal gaan bykom wat nie hulleself gedra nie!
Om nie eers van die leë en onvervulde dienste beloftes te praat nie…… die arme sokkergeesdriftiges gaan soos geblikte leeus wees, want die polisie en weermag gaan hulle hande volhê om die Suid-Afrikaners in toom te hou.

Onlangse ondersteuners: