Op die 11de Februarie, 20 jaar gelede is ‘n gevangene, Nelson Mandela, vrygelaat na 27 jaar in die tronk. Hierdie man sal uiteindelik Suid-Afrika se eerste demokraties verkose President word. Hy is ‘n waardige, statige persoon wat sy respek verdien het. Madiba. Hy het wonderlike drome vir die unieke Suid-Afrikaanse reënboognasie gehad.
In die laaste 16 jaar het bitter min vir die gewone, “unconnected” man op die straat verander. Baie beloftes, wel het juis net dit gebly.
Dit is hartseer, want dit voel vir my asof die regering op daardie drome toyi-toyi.
Onlangse ondersteuners: