…. is op 90 jarige ouderdom laas week, op 9 Februarie oorlede. Hy was ‘n uitvinder en besigheidsman van Amerika wat ure se genot aan mense van reg oor die wêreld verskaf het.
Ure se pret op die strand, in die veld oorkant die straat, sommer in die agterplaas vir jou, jou familie, jou vriende en ja, selfs getroue Wagter.
Fred en sy destydse vriendin Lu (later sy vrou) het in 1937 ‘n springmielies-deksel vir mekaar gegooi. Hulle het agtergekom die deksel duik maklik in, en dat ‘n tertpan nie net langer hou nie, maar ook beter deur die lug vlieg.
Eendag op ‘n strand in Santa Monica het iemand hulle 25c aangebied vir hulle 5c tertpan wat hulle besig was om vir mekaar te gooi.
‘n Klein besigheidjie op die strande van Santa Monica is begin wat hierdie “Flyin’ Cake Pans” verkoop het. In 1946 het hy die eerste sketse vir die Whirlo-Way vlieënde skyf gemaak, en in 1948 is die eerstes in plastiek gemaak met die hulp van ‘n investeerder onder die naam Flyin-Saucer. In 1955 het hy en Lu die Pluto-Platter ontwerp, wat die “vader” is van die wat ons vandag ken.
Op 23 Januarie 1957 het die Wham-O speelgoed maatskappy die regte gekoop, en dit later in 1958 bemark as die Frisbee (‘n verdraaiing van die naam Frisbie Pie Company se naam, na aanleiding van die tertpanne wat oorspronklik deur almal rondgegooi is.)
Baie slim bemarking van Ed Headrick van Wham-O het Frisbee as ‘n nuwe sport begin bemark en daar is verskillende weergawes bekendgestel, en selfs die International Frisbee Association is later gestig. (Met Headrick se afsterwe was hy veras, en volgens sy wense is die as saam met plastiek in ‘n Frisbees gevorm en aan familie en vriende uitgedeel… weirdo!)
Daar is al miljoene Frisbees wêreldwyd verkoop, en Fred het teen die middel tagtigs al meer as $2miljoen uit patentregte verdien. Interessant om te dink dat ‘n idee verkry vanaf ‘n vlieënde tertpan soveel ure se genot aan miljoene mense van regoor die wêreld, nou al vir meer as ‘n halwe eeu verskaf.
Onlangse ondersteuners: