Stel jou voor jy hoor die volgende uittreksels uit ‘n radio advertensie….
” jy word uitgenooi” “wildsplaas” “verjaarsdagkonsert”
Jou hart klop vinniger, jy kyk in jou dagboek en sien jy is die 20ste Februarie vry, jy sukkel om jou opgewondenheid te beteuel…. en dan… twee uitklophoue:
“Kurt Darren” en “Kry jou kaartjie”
Dan bars jy uit van die lag want sekerlik moet dit ‘n grap wees…. nee daar is dit weer…
“Kaartjies by Computicket”
Kyk, as ‘n sanger my uitnooi na ‘n verjaarsdagpartytjie toe…. en ek moet ‘n flippen kaartjie koop om dit by te woon, beter dit ‘n superster in die rigting van Brandon Flowers, Mick Jagger, dalk een van die Followills, Koos Kombuis of dalk Amanda Strydom se fluffy hondjie wees (as sy natuurlik een het)…. maar Kurt?
Onlangse ondersteuners: