In die lig van ons land se Grondwet (en dat sekere gedeeltes daarvan nogal snaaks genoeg gevolg word), gaan daar niks in hierdie klaskamer in jou keel afgeforseer word nie. Die towerwoord is sekulêr, lewe en laat lewe… glo in wie of wat jy wil…. of niks of niemand.
MAAR, dit maak nie saak in wie/wat/wie nie/wat nie/ jy glo/nie glo nie, ek is seker daarvan ALMAL sal saamstem oor hierdie twee Paastyd verskynsels:
- Beacon Marshmallow Easter Eggs (Daar is nie lekkerder nie)
- Hot Cross Buns (Daardie reuk van varsgebaktes)
Gaan dan uit my leerlinge, en verlustig julself vandag (en vir nog so 6 weke) in hierdie twee onbeskaamde in-jou-gesig-dit-is-so-lekker-dit-moet-sonde-wees-lekkernye…. net ‘n waarskuwing vir die Roomses onder ons – Vraatsug is nog een van die doodsondes.
PS. En onthou net omdat julle so baie van die lekker dinge eet gaan julle baie…. uhmmmm…. vlinders moet vang.
Water my mond nou…
Is dit nou vir die lekkernye… of die vlinders vang
Dis darem die lekkerste lekker daai. Toasted Hot Cross Buns met botter ….mmmmm en natuurlik daai hasie eiers wat op jou gil uit die laai dat jy hulle moet verorber so een na die ander.
Ek het myself verbied om die bokse Beacon te koop… ek mag net die stringetjies met 3 op ‘n slag koop.
Jy het duidelik meer dissipline as ek en ek hou nie daarvan om myself te terg nie, so ek koop en eet dit maar per boks.
Nee hel, ek wil nie soos ons parlementslede lyk nie!
Njammies, dis die lekkerste huiswerk wat ek in ‘n lang tyd gekry het. Onthou net om oor 6 weke vir ons ‘n dieet ook te gee.
Dis waarvoor die…. uhmmm, vlinders vang is. Verbrand baie kalorieë.
Ek haat/detest/abhor en kan gladnie ‘n rosyntjie uitstaan nie!! Og *yuck-e-di-yuck-yuck*!!! Double-*YUCK*!!
Maar ekke loooooooooove Hot † Buns – catch 22 – ek bak hulle ini oond – pass hulle virrie Helge aan – hy grawe die bosluisies uit – en siedaar!!! *YUMMY*!!!
Sjoe… abhor is ‘n sterk woord
Daai reuk van warm kaneel ens. ens. mmmmmmm.
Dankie BB, ek was te bang om dit te se^. Ek verpes enige deegding wat ‘n rosyntjie in het, so ek doen nie Hot X Buns nie! Maar ek sal opmaak daarvoor met die Beacon Marshmallow Easter Eggs
Weet julle, ek is ook nie ‘n rosyntjie liefhebber nie, maar sussa, gooi hom in ‘n hot cross bun… en ek eet hom met liefde. Weird.
Gee my daarie Easter Egg enige tyd – maar Eish, daarie Bun sal my ‘n sooi gee!
“grawe die bosluisies uit”
Whahaha at BB.
Demoerin, nou klick ek eers hoekom daai vrou teen Tafelberg haas ore op haar kop gehad het. Fok maar ek is simple, ek dog dis ‘n Playboy playmate.
Was sy nie klein bietjie vroeg vir easter bunny nie…. ek is seker sy was ‘n playbunny.
Alhoewel “Ek het die Easterbunny geraps” klink baie meer prettig as “Ek het die Playboybunny geraps”… ai tog, waa dwaal dei gedagtes nou weer…
Kom nou net terug van die stad af (London) en het ‘n boks paaseiers gekoop.
nie goed vir my dieet nie maar so lekker op die tong
‘n Boks is nie goed nie. Punt.
Maar BAIE lekker
is dit al tyd vir paasfees? julle dink/eet ver vooruit.
Oe daai Iester Eggies – as jy dit in die yskas hou en so kan afskil, is daar bitter min wat daarby kom. Dis darem een ding wat Beacon reggedoen het. Hulle tjoklits smaak mos soos plestiek – dis so vetterig. Cadbury’s is enige dag my gunsteling – geen Belgiese tjoklit kom by ‘n slab met een en ‘n halwe glas melk nie!
Ai, en Woolies maak mos ‘n ekstra spicy hotkrosban. Met regte botter en Rooibos tee….niks klop dit nie!
Ja, jy maak die bun so bietjie warm… met botter, en in my geval koffie…mmmm, die reuk van daardie kaneel!!