Ek vat nie gewoonlik pamflette by die verkeersligte nie, want dit lê net in my kar rond. Ek het hierdie A5 pamflet vanoggend geneem, en dit het al ten minste ‘n halfuur se lekker-lag-leesgenot verskaf.
Prof. Wakho (Die naam sê al klaar alles) is ‘n spiritual healer wat voorvadergeeste gebruik om vir jou oplossings te vind tot alledaagse probleme. Ek neem aan hy was student van die universiteit van die lewe, want sy Engels laat veel na wense oor. Die ding is, hy doen blykbaar nie te sleg teen konsultasies van R120 per shot nie, want hy het kantore op die 11de vloer van ‘n gebou in Grayston Drive, Sandton.
Ding is, daar is blykbaar niks wat nie binne 3 tot 5 dae opgelos kan word nie. Met klem op NIKS… hier volg ‘n paar van die items soos dit gelys is op die pamflet:
- Bring back lost lover, even if lost for a long time in 3 days.
- Read & tell all your problems before you mention them to him.
- Ensure that promotion you have desired for a long time at work or in your carrer.
- Guarantee you to win pursued contracts e.g Tenders
- Herbal therapy for controling early ejaculation
- Herbal medicine for enlarging the penis both in length & girth permanently
- Guarantee you to win that troubling court case….
- Recover stolen property to your business….
- Extreme protection for those doing dangerous jobs like security guards, Bank managers (I kid you not), pains of the joints & bones.
- Stop your marriage or affair (Tiger moes hom dalk vroegtydig kom sien het) from breaking apart
- Heal woman problems of barrenness, disturbing menstruation, abnormally long pregnancies (
) etc - Bring supernatural luck into your life to win chance games like lotto….
- Bring you to see your enemies and make demands on them using a mirror (
) - ensovoorts
One stop shop… ek meen wie het ‘n dokter, sielkundige, sekuriteitsfirma, die polisie, predikant ens. ens. nodig?
ALL WHITES, BLACKS, COLOURED, INDIANS etc. WELCOME (Die etc. gedeelte bekommer my nogal so bietjie)
DMI
Gaan jy persoonlik ondersoek instel en ons terugvoer gee?
Weet jy, daardie vyande in die spieël ding fassineer my nogal…. Maar R120 koop ‘n kas bier, of BAIE biltong.
Ek soek dadelik die adres – die antwoord op al my probleme!
Ek kan tot die telefoonnommer vir jou gee
Nee kyk, as hy ‘n kantoor in Sandton kan bekostig dan moet jy die kas bier eenkant toe skuif en dit gaan beproef . Ons soek terugvoer, verkieslik met ‘n bandopname en baie foto’s…..
En wat van as ek nooit weer die ligdag sien nie, want my ingewande eindig in muti op
Dan was jy in jou eie riller . . .
Ek dink nou die dag se verjaarsdag het jou gered – hulle gebruik mos net jong mense se goeters…..
… abnormally long pregnancies?? wdf … is dit dié?!
LOL!!
ja, ek het ook al sulke pamflette by die verkeersligte gekry … ergste van als is, dat ek die donder ken!! Sangoma Johan het ‘n paar jaar terug ‘n dansklub in Kuilsrivier gemanage! LMGA!! Hdf kry hy dit nou reg om in ‘n spieel te kyk en jou enemenemenies raak te sien?! LMIMM!
… (fluister) i see dead people … (maak freaky eyes)
Ek weet nie, maar die spieël ding fassineer my nou nogal.
lmga – sometimes I see offline people …
ha ha ha Mens het sulke karakters in jou aledaagse lewe mis as hulle nie daar is nie.
“Heal woman problems of barrenness, disturbing menstruation, abnormally long pregnancies”
Wow die ou is goed hoor.
Moet onmiddellik ‘n afspraak maak! Is daar ‘n foto van die genie by? Dalk kan ek blog oor die MOOI man?
Smaak my mens hoef net in die spieel te kyk om jou worse enemy te sien. Goes figure.
Daar is meer waarheid in jou stelling, as wat menige van ons ooit sal wou erken.
Sam Nujoma was met volledigee stel melktande gebore. Sy ma was 16 maande swanger. Arme ou tannie se nippels was seker rou..
My vriendin vertel my vandag haar periods is weer terug nadat sy verlede jaar deur menopause gegaan het. Farkit … hierdie ou kan haar dalk help en dit vir net R120.
Cheap Cheap.. maar ek neem aan na die R120 konsultasie gan jy moontlik ‘n pakkie kruie en speserye moet koop {wat ek sidder om te dink wat die instruksies gaan wees} vir R1,000.
Daar is ‘n kerk naby my wat al hierdie goed adverteer. Nie op een slag nie maar so om die beurt deur die jaar. Party maal as ek die groot billboards lees dan raak ek so lus om deel te wees van die lekkerte van die healing proses dat ek wil aansluit en huweluks beraading wil ontvang al was ek nog nooit getroud in my lewe nie.
They prey on the weak and vulnerable because they stand no chance against the rational.
Fuck them they are con artists!
Groot Billboards? Shame, hierdie professor is seker maar nog ‘n beginner met sy pamflette.
waddevok? hahahahaaa! ek het in die Oos-Kaap baie sulke ouens teëgekom. Hulle het my altyd kom teister by die gemeenskapskoerant om hul pamfletjie te publish. Of ‘n storie te doen, want ads is nie my afdeling nie! Ek seker daai dude roep my nog in sy spieël op om my uit te sort!
Miskien kan ons Carte Blanche op die ou se spoor sit
DMI, ek het vanoggend by die robot weer ‘n klein wit pamfletjie gekry van hierdie mense! LOL!!, ek het so lekker sit en lag … hy sê hy kan jou penis enlarge van S tot M, L, XL, XXL, XXXL, Tall.
LMGA!!! Tall?!?! wdf?
sjoe, ek wil liewerste nie weet hoe hy hom tall gaan kry nie