Archive | Maart, 2010

Vrydagskool….Vakansie101

19 Mar

As jy vir skool opgedaag het….. SORRY FOR YOU.

Jy moet jou kalender nagaan, DIS SKOOLVAKANSIE.

Gedra julle self tot ek weer my verskyning maak, so net aan die anderkant (nee, nie Tant Marietta se anderkant nie)… die anderkant van die Paasnaweek.

Ek gaan so bietjie klim en klouter, en dan bietjie niks doen nie, en dan weer ‘n draatjie in Upington maak met oge wys by Augrabies en Witsand.

Echo Corner - Augrabies

Ek verstaan dit nie….

16 Mar

Ek haal my hoed vir mense af wat dinge doen wat my moeg maak as ek dit lees. Ryan Sandes van Suid-Afrika het die Atacamawoestyn Ultraskofwedloop in Chili gewen Saterdag. Die multi-skof wedloop word oor 6 dae gedoen, en is oor ongeveer 250km in die Atacama woestyn. Time noem dit as die tweede moeilikste uithoukompetisie in die wêreld.

Die Atacama Woestyn word gesien as die droogste plek op aarde, en is so na aan die oppervlak van die maan, dat NASA hulle voertuie hier toets. Ryan het hierdie wedloop oor 6 dae in 23 ure, 58 minute en 39 sekondes gewen, vyf ure en 44 minute voor die atleet in die tweede plek.

Die Atacama wedloop is deel van ‘n reeks van 4 wedlope wat deur die verloop van die jaar plaasvind. Volgende is die Gobi in Junie, gevolg deur die Sahara in Oktober en dan laaste Antarktika in November. Al hierdie uithouwedlope is onder Time se Top 10. Jy mag byvoorbeeld slegs vir die Antarktika wedloop inskryf as jy al 2 van die ander 3 klaargemaak het.

Die “4 Woestyne” is slegs al deur 2 persone voorheen almal in 1 jaar voltooi, Paul Liebenberg van Suid-Afrika en Dean Karnazes van Amerika. Beide het dit in 2008 gedoen.

Gaan lees meer by www.4desserts.com.

As ek enigsins dalk moontlik een sou kon klaarmaak, sou hulle sommer my kis ook by die eindpunt moes gereedhê sodat ek net daarin kan ombliksem, en hulle my sommer daar in die grond kan bêre. Die sweet tap my af en ek is uitasem… en dit net na die tik van hierdie paar paragrafies.

VP Arende

15 Mar

Lees ek toe nou die storie van die arme Yorkie, Max, wat deur ‘n arend vir ‘n dassie aangesien was en toe amper arendkos geword het. (Selfs arende sit deesdae met sigprobleme)

Dit het my laat dink dat mens die idee kan omskep in ‘n veiligheidspolisie (VP) idee. Dink Transformers. ‘n Enorme arend wat deur ‘n mens fisies, of dalk selfs oor ‘n afstand beheer word (wat dalk in grootte dit dalk meer geloofwaardig gaan maak).

Hierdie arend word dan gebruik om van ongewensde mense ontslae te raak. Elke sogenaamde demokrasie het in elk geval weggesteekte geraamtes in staatsgeboukelders. Hoekom nie iets ontwikkel wat ‘n ordenklike doel kan die nie.

Hy staan nog daar op die verhoog en sing… Maak dood die boere, want hulle is verkragters…

Sy sit nog daar en gee ‘n onderhoud (wat sy nooit gegee het nie)…. Die naam Mandela is ‘n meulsteen om my nek…..

Sweeeeeeshhhh kom die arend af (hy is ook gepantser so hy kan deur ‘n dak gaan) en een oomblik is die “irritasie” nog daar, en die volgende oomblik is die “irritasie” weg.

Die ooggetuies sal almal een storie hê… dit was ‘n arend, die “irritasie” het arendontbyt geword. Maar vandag weet mens ook nie, miskien sal ‘n arend nie geloofwaardig genoeg wees nie. Miskien dalk ‘n volstruis?

Easy Pleasy. Dat so ‘n brein darem maar eendag moet vrot?

Vrydagskool….Filosofie101

12 Mar

Vir die wat nog nie weet nie, Rasta is die baie wyse man wat in my tuin bly. En somtyds, as jy mooi luister, raak hy die slimste sielskos kwyt….

Rasta het gesê:

As jy van jou hart ‘n moordkuil maak, gaan daardie leeus jou stukkie vir stukkie opvreet. Jy moet die duwweltjies wat pla uithaal voordat die nag die sterretjieskombers oor die landskap sprei.

Laaste Dans

10 Mar

Laaste Dans

Ek het saam met arende gesweef op die maat van All These Things That I’ve Done, daar agter die Michelangelo op die horison, tussen die ligoranje wolkies. Die val aarde toe was skielik en pynlik. Terug in my kar in die verkeer werp my gedagtes weer herinneringe voor my voete. Eens gelukkig, nou pynlik seer. Onthou jy nog die aand daar by Topaz in Vermeulenstraat? Die massiewe dansbaan en die Strausswalskeurspel? Hoe ons om en om getol het totdat ons in ‘n hopie in die middel van die vloer opgeeindig het. Die ander se bekommernis en ons uit-die-maag skaterlag?

En dan swets ek weer my gedagtes wat my telkemale een van hierdie hartseerkaarte in my bestaan indeel. Wat my elke keer weer herinner aan die geluk wat uit my toekoms weggeskeur is. Wat die wond weer oopmaak waar jy uit my hart uitgesny is, en dit laat bloei oor die illusie van nuutgevonde geluk. Al wat elke keer verskil is die genesingsperiode. Die lewe is nie altyd regverdig nie. Maar sekerlik het dit met welvaard en aansien en ander materiële te doen? Sekerlik moet mens kans gegun word om te beplan. Om die kalender te vat en langs datums neer te pen: Laaste Fliek en Laaste Piekniek en Laaste Lag en Laaste Soen en Laaste Dans.

Dit maak nie saak hoe ek hierdie foto vashou of draai nie, daar is geen kans vir daardie Laaste Dans nie. My herinneringe is net so onregverdig soos die lewe.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 44 other followers