……
Ek sien die kurwes van jou lyf
En ek besef ek is ‘n volbloedman
……
Sekere dinge word net so ongelooflik RAAK in Afrikaans beskryf, en daarom glo ek nie die geleerdes en die ander hoë bome (wat niks anders het om te doen as om te kekkel en te kraai op litnet, of in lang gevleuelde briewe vir Beeld en Rapport nie) hoef te bekommer oor die voortbestaan van Afrikaans nie.
Ek dink eerder as om onder mekaar te stry en baklei (in Afrikaans, wat eintlik ‘n grap is), glo ek die tyd kan meer produktief gebruik word in die skryf van lirieke, boeke, teaterproduksies en televisiereekse, wat die positiewe van hierdie raakvat, melodiese taal kan uitbasuin.
Is dit nie beter, en sekerlik meer geslaagd, om enigiets op ‘n positiewe manier te bevorder nie?

Onlangse ondersteuners: