Archive | 8:54 vm

WEW….1652 van 2010

2 Mar

Ek wonder van wanneer af is die musiekwêreld besig om in ‘n petting zoo te verander.

  • Daar is gedeeltes van Mariah Carey se opname van, I Want To Know What Love Is, wat sy klink soos ‘n kalkoen wat deur ‘n katoolse pou gejag word.
  • Daar is ‘n nuwe song van Alicia Keys wat hulle elke dag op Highveld speel. Ek noem dit die whiny-song want ek ken nie sy naam nie. Dit klink soos ‘n kat op hitte wat nie bevrediging kry nie.
  • We Are The World for Haiti is ‘n wonderlike idee van wonderlike mense om geld vir ‘n goeie saak in te samel, maar WAAROM op dese aarde Wyclef Jean soos ‘n gewonde Orangutan moes skreeu sal net hy, Quincy en Lionel weet.
  • Daar is dae wat ek dink Chris Cameleon is ‘n hele zoo op sy eie.

Die sad ding is, dat al hierdie mense wel KAN sing. Wat my verstand te bowe gaan is hoekom hierdie vokale-gimnastiese-toertjies uitgehaal moet word?

Om daarna te luister is soos om op ‘n rollercoaster vas te sit en oor-en-oor op dieselfde punt te kots (Ek dink ek moet hierdie reël aan Die Antwoord verkoop vir ‘n nuwe song).

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers