Klas, ons het ‘n nuwe vak vandag, WTF101. WTF101 oorvleuel so bietjie met musiekwaardering vandag. Na aanleiding van my kunstenaar-bashing die ander dag (die feit dat ek nie van Chris Chameleon se vocal antics hou nie) en dei gesprek wat daaruit ontstaan het uit kunstenaars en vocal range het ek so bietjie opleeswerk gaan doen.
Vocal range is die wydte van die pitches wat jou stem kan behaal. Voorbeeld in normale klassifikasie sal wees Sopraan, wat gewoonlik in die reeks C4 tot C6 sal val. As jy ‘n klavier se klawerbord voor jou voorstel: Die middel C (C4) tot dan 2 oktawe hoër C6. Bas, wat die laagste mansstem is gaan gewoonlik van E2 tot E4.
Die meeste klaviere se klawerbord lyk soos die een hierbo. Middel C is die blou noot, wat ‘n sopraan se range dan sit tot ongveer by die eerste noot in die #6 Oktaaf. Die note se frekwensies word ook verder gemeet. Die laagste Bas E2 teen 80Hz, en die Sopraan se C6 teen 1100Hz.
Nou waar gaan ek hiermee heen… Guinness World Records.
Die persoon met die wydste Vocal Range is ‘n vrou met die naam Georgia Brown. Haar range span oor presies 5 oktawe, G5 tot G10. Wat dan die G10 natuurlik ook aan haar die rekord vir hoogste noot deur ‘n vrou gesing besorg. Kyk weer na ons prentjie, ja oktaaf 10 verksyn nie eers op ons klavier se klawerbord nie. Daar is geen ander mens, dier of instrument wat die klank van die noot G10 kan maak nie, dit word bepaal deur die meet van die frekwensie.
Kyk moenie ‘n fout maak nie, dit is definitief nie meer regtig mooi as daardie note letterlik van die klavier aan die anderkant afbliksem nie (ons sal nou nie ingaan op verduidelikings van vokale, falsetto, fluit registers ens. nie)… maar dit is ongelooflik. Ek dink BB sal kan getuig.
Toe lees ek natuurlik raak van die man wat die rekord hou vir die hoogste noot. Sy naam is Adam Lopez, en hy het sy rekord by die live Guinness World Record Show gebreek….
Kyk dis ongelooflik dat die man dit kan doen…. maar wat vir my MOER ongelooflik is, is die fokken perfect pitch man, wat ‘n noot kan verifieer wat nie op die klavier gespeel kan word nie?
OK, almal saam… WTF!

Onlangse ondersteuners: