Vir die wat nog nie weet nie, Rasta is die baie wyse man wat in my tuin bly. En somtyds, as jy mooi luister, raak hy die slimste sielskos kwyt….
Rasta het gesê:
As jy van jou hart ‘n moordkuil maak, gaan daardie leeus jou stukkie vir stukkie opvreet. Jy moet die duwweltjies wat pla uithaal voordat die nag die sterretjieskombers oor die landskap sprei.

Rasta praat waar nê….!
Hy is baie oud en baie wys.
Is die nou… Rasta met takiela of sonder die takiela?
Ek wens ek was nie so bang vir konflik nie, dan het ek sommer hele paar dingetjies uitgesort!
Konflik hoef nie altyd baklei te wees nie. Konflik kan baie opbouend wees as al die partye dit reg benader.
Opbouend… soos ‘n pillowfight voor bedtyd
Nice voorbeeld
Maar die party is nie so volwasse nie Plasie… Ek weet wat die reaksie gaan wees…
In daai geval moenie jou tyd verder mors nie. maak soos die foksterrier.
Ekke ken nie honnetaal nie!
Wat doen ‘n foksie?
Nee as jy nie die joke ken nie, los dan maar.
Ek sal jou nie in die gutters intrek nie
Ja, ne…. amper koerupt jy my onskuld hier!
Close call. Noem my sommer gawie
Ek sal maar hoop ek is Daniel in die leeukuil
Hoop, of bid sonnie?
Sjoe dit is so waar … lekker naweek vir jou!
Ware woorde wat Rasta kwyt geraak het! Maar moet jou ok waarsku dat jy nie n baie gewilde mens is as jy se wat jou pla nie. Sekeres wil dit net nie hoor nie!
Hoe het ons altyd gesê – Tough Têkkie. Ten minste gaan JY beter voel, en true aan jouself bly.
Come to think of it – elkeen het ‘n Rasta in ‘n tuin nodig wat lig op sekere onderwerpe kan skyn!
Ek sien ‘n geldmaakgeleendheid hier… Ek kan vir Rasta uithuur!!
mmm ek stem saam met alta
Dis waar ja, maar wie gee om of ander daarvan hou om die waarheid te hoor of nie… solank dit die waarheid is.
“moordkuil” is ‘n mooi word…
Ek was nog altyd mal daaroor.
Ek moet my “pixie” in die tuin aanspreek, ek kort sulke waarhede nou en dan. >>sug<<
Miskien moet Rasta van sy omkyktwak vir Pixie aanstuur. Hy deel nogal heel gewillig.