Ek haal my hoed vir mense af wat dinge doen wat my moeg maak as ek dit lees. Ryan Sandes van Suid-Afrika het die Atacamawoestyn Ultraskofwedloop in Chili gewen Saterdag. Die multi-skof wedloop word oor 6 dae gedoen, en is oor ongeveer 250km in die Atacama woestyn. Time noem dit as die tweede moeilikste uithoukompetisie in die wêreld.
Die Atacama Woestyn word gesien as die droogste plek op aarde, en is so na aan die oppervlak van die maan, dat NASA hulle voertuie hier toets. Ryan het hierdie wedloop oor 6 dae in 23 ure, 58 minute en 39 sekondes gewen, vyf ure en 44 minute voor die atleet in die tweede plek.
Die Atacama wedloop is deel van ‘n reeks van 4 wedlope wat deur die verloop van die jaar plaasvind. Volgende is die Gobi in Junie, gevolg deur die Sahara in Oktober en dan laaste Antarktika in November. Al hierdie uithouwedlope is onder Time se Top 10. Jy mag byvoorbeeld slegs vir die Antarktika wedloop inskryf as jy al 2 van die ander 3 klaargemaak het.
Die “4 Woestyne” is slegs al deur 2 persone voorheen almal in 1 jaar voltooi, Paul Liebenberg van Suid-Afrika en Dean Karnazes van Amerika. Beide het dit in 2008 gedoen.
Gaan lees meer by www.4desserts.com.
As ek enigsins dalk moontlik een sou kon klaarmaak, sou hulle sommer my kis ook by die eindpunt moes gereedhê sodat ek net daarin kan ombliksem, en hulle my sommer daar in die grond kan bêre. Die sweet tap my af en ek is uitasem… en dit net na die tik van hierdie paar paragrafies.
Onlangse ondersteuners: