Ek haal my hoed vir mense af wat dinge doen wat my moeg maak as ek dit lees. Ryan Sandes van Suid-Afrika het die Atacamawoestyn Ultraskofwedloop in Chili gewen Saterdag. Die multi-skof wedloop word oor 6 dae gedoen, en is oor ongeveer 250km in die Atacama woestyn. Time noem dit as die tweede moeilikste uithoukompetisie in die wêreld.
Die Atacama Woestyn word gesien as die droogste plek op aarde, en is so na aan die oppervlak van die maan, dat NASA hulle voertuie hier toets. Ryan het hierdie wedloop oor 6 dae in 23 ure, 58 minute en 39 sekondes gewen, vyf ure en 44 minute voor die atleet in die tweede plek.
Die Atacama wedloop is deel van ‘n reeks van 4 wedlope wat deur die verloop van die jaar plaasvind. Volgende is die Gobi in Junie, gevolg deur die Sahara in Oktober en dan laaste Antarktika in November. Al hierdie uithouwedlope is onder Time se Top 10. Jy mag byvoorbeeld slegs vir die Antarktika wedloop inskryf as jy al 2 van die ander 3 klaargemaak het.
Die “4 Woestyne” is slegs al deur 2 persone voorheen almal in 1 jaar voltooi, Paul Liebenberg van Suid-Afrika en Dean Karnazes van Amerika. Beide het dit in 2008 gedoen.
Gaan lees meer by www.4desserts.com.
As ek enigsins dalk moontlik een sou kon klaarmaak, sou hulle sommer my kis ook by die eindpunt moes gereedhê sodat ek net daarin kan ombliksem, en hulle my sommer daar in die grond kan bêre. Die sweet tap my af en ek is uitasem… en dit net na die tik van hierdie paar paragrafies.
Tags: 4 woestyne, atacama, ryan sandes
Ek verstaan ook glad nie! Ons het ‘n ou in Swede ontmoet wat vir “fun” die wêreld se 7 hoogste pieke uitgeklim het en toe afgeski het (!) en toe vir “fun” van Kaapstad na Kaïro op ‘n motorfiets gery het, alleen. Sonder borgskappe of kameramanne of rescue teams. Hy’t bietjie ekstra tyd op sy hande gehad…
…en seker bietjie ekstra geld ook
Ek dink nog steeds dis bietjie crazy…. maar is ons nie maar almal bietjie nie?
Nee hemel….. amper 7 dae aan 250km….. het die ou verdwaal?!
Sowaar, dis net 2.5 maal die Comrades en hulle doen dit in 5 ure. So die 250km behoort nie meer as 20 ure te vattie.
Ek nogal dit sal cool wees. Ek sal nie graag wil bungee nie, maar 250 km deur die woestyn…daarvoor sien ek kans.
Per voet?
Dis nie op my lysie van iets om te doen voor ek doodgaan nie, dankie!
Ook nie op myne nie, my pen weier om dulke goed te skryf
Daar is ‘n rede hoekom daar voertuie uitgevind is.
Ek dink dis soos ‘n siekte, jy doen die Spar 5km, en dan volgende jaar die Comrades en as jy weer jou oë uitvee hardloop jy deur die Sahara… (ek skud maar net my kop)
Ai hoe moeg is ek nou – gaan eers ‘n bietjie lê en ontspan.
Wonder of hy ‘n baie kwaai vrou of skoonma het van wie hy probeer wegkom
As ek enigsins in staat was, sou ek ook seker die goete gedoen het.
Nee maar goed vir hom!
Sê ek ok.
Ek staan by my besluit om net te hardloop as iets my jaag… En dan hang dit ook af hoe gevaarlik die ding is agter my…
Relativity aan die kant!
Dors in die woestyn kan jou seker nogal goed jaag….
Hy BLOG seker nie!!!!
Definitief nie.
Paul Liebenberg is my vorige baas se seun. Hy het laas jaar gewen. Nogal crazy.
Dis meer as crazy… ek skud maar nog steeds net my kop.
Ongelooflik.