As jy vir skool opgedaag het….. SORRY FOR YOU.
Jy moet jou kalender nagaan, DIS SKOOLVAKANSIE.
Gedra julle self tot ek weer my verskyning maak, so net aan die anderkant (nee, nie Tant Marietta se anderkant nie)… die anderkant van die Paasnaweek.
Ek gaan so bietjie klim en klouter, en dan bietjie niks doen nie, en dan weer ‘n draatjie in Upington maak met oge wys by Augrabies en Witsand.

Ek het net twee woorde vir jou: “LUCKY BUGGER!” Soos Oom Jack jare terug vir my gese het toe ek weg is Kaap toe: “Be good, but not too good, for then you cannot enjoy yourself”.
Geniet dit geweldadig!
Klink fantasties – geniet dit.
Tot na Paasnaweek?! Lucky fish! Geniet jouself gate uit
Lekker!, geniet dit.
kyk nou al hierdie jaloerse mense wat jou wel wens vir jou vakansie, jy weet hulle almal wens dit reen uit. Ek sal weet want as ek nie self alreeds op vakansie was nie sou ek dit ook wens. So van die enigste een wat jou nie verwens nie, enjoy…
Jy is seker al amper terug en nou eers kom ek hier aan, veilig wees en bly uit die tronk uit.
Maar jy is gelukkig, jou ou donnel! Lekker wereld daai. Hoop die son is jou genadig.
Oits! Groen is ekke nou! Enjoy! Be safe!
Geniet dit, wees veilig, en kom uitgerus terug!
Sjoe ek voel sleg ek was so lanklaas hier, DMI ek is jammer maar dit gaan dolle as dol by die werk, vat skaars grond!! Hoe meer ons probeer om ons werk op datum te kry hoe meer werk val uit die lug uit!! Lekker dag verder vir jou!!
Gan vang bietjie vis man!
Het jy in ‘n kis ingebliksem van moegheid dat jy nog nie terug is nie? Ek is nuuskierig om te hoor van jou trip en die fotos te sien.
Geniet dit.