Archive | 8:33 vm

Dit maak my hartseer….

8 Apr

Ons bly in die mooiste land op hierdie aardbol. Ek kan myself daagliks verlustig in van die mooiste sonsopkomste en -ondergange sonder om kilometers uit Jozi uit hoef te ry. Ek is trots op my land, maar kan nie verstaan hoe so ‘n pragtige land soveel lelik kan huisves nie?

‘n Bietjie verdraagsaamheid kan baie vêr gaan. Dit kan aansteeklik wees. Dit vereis nie saambraai of saamdans of kersligetes nie. Dit vereis wedersydse respek vir jou mede Suid-Afrikaners. Die probleem is dat daar bitter min optredes is wat wedersydse respek verdien.

Miskien vereis dit saamsing? Miskien moet iemand ‘n lied skryf wat ons kan saamsing oor die “nuwe struggle”. Die nuwe struggle tot verdraagsaamheid en respek. ‘n Lied oor hoe ek respek van my mede-landsburgers kan verdien. ‘n Lied oor hoe ek ‘n Eersteklas Suid-Afrikaner kan wees.

‘n Lied geskryf deur die mense, vir die mense, sonder enige politieke inmenging. ‘n Lied waardeur ek met trots kan struggle. Elke dag gebeur daar dinge wat ons ‘n stappie terugneem…. die toejuig van twee moordbeskuldigdes en die sing van Die Stem en die sing van “Kill the Boer” en en…..

Dit het ontaard in ‘n moddergooiery. As jy dit doen gaan ek dit terugdoen. Ek dink daar is meer volwasse kinders in kleuterskool.

Partykeer as jy die mindere is, bewys jy eintlik jy is die meerdere, en nie noodwendig die swakkere nie.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers