Ek wonder hoe gereed Suid-Afrika werklik vir ons SWC besoekers is. Ja die stadions is voltooi, en die Gautrain mag dalk gedeeltelik werk, en daar is restaurante en besigheidjies en hotelle en gastehuise wat soos mushrooms opspring en met gewronge hande en Joker-uit-Batman laggies sit en wag vir die dollars en ponde en euros om in te rol….
Alles goed en wel… maar gister in 1 radio nuusberig:
- President Zuma praat by die opening van die nuwe terminaal by OR Tambo. Nou as julle onlangs daar was, hierdie lughawe is nou wêreldklas en lyk sommer spiekeries…
- Net na die stukkie nuus word daar vertel van die munisipale stakers wat weer chaos in die strate van Pretoria an Boksburg bagelaat het met die omkeer van vullisdromme (Daar word vanoggend berig dat die staking dalk uitgebrei kan word om meer dienste in te sluit)
Vanoggend hoor ek die Taxi’s strike en hou ‘n optog na die uniegebou. Ek wonder hoe suksesvol die logistics gaan wees? Na aanleiding van die nuusberigte en die feit dat die unies Suid-Arika aan die SWC-Short-and-Curlies rondlei, wonder ek hoeveel van die wêreldbekende Suid-Arikaanses gasvryheid nog in die omtrek gaan wees teen die tyd wat die sokkergeesdriftiges begin opdaag?
Gaan ons nog ‘n greintjie vriendelikheid en gasvryheid oorhê, om hierdie geesdrigtiges in toekomstige toeriste te verander?
PS. Ek voel net ek moet byvoeg nadat ek dit weer vanoggend gehoor het… Hoekom, hoekom, hoekom (wonder ek nog steeds)…… moes Wyclef Jean soos ‘n gewonde bosbobbejaan gil (en ook nie net 1 keer nie) in Artists for Haiti se weergawe van We Are The World?
Onlangse ondersteuners: