Dit is weer daardie tyd van die jaar….
Groot partytjie….. met jou ingangsgeld vir ‘n goeie doel. Dis seker die grootste (en definitief lekkerste) jaarlikse fondsinsameling op die Jozi kalender. Ek gaan sommer party jare twee keer, want selfs die entertainment is jou R50.00 werd.
Die Lusito organisasie is daargestel vir die ondersteuning van die Lusito Skool vir Gestremde kinders. Alle opbrengste van die fees word net so in die organisasie se koffers gestort.
Ongeveer 160,000 mense woon die Portugese fees elke jaar by, en dit sal definitef nie hierdie jaar anders wees vanaf 22 April tot 2 Mei nie.
Ek weet ek gaan definiteif die 27ste, maar sal dalk sommer nog ‘n besoekie iewers inpas…. en proe al daardie farturas en caipirina’s….
As jy in Jozi en omgewing is kan jy dit nie misloop nie…. dis die beste Party met ‘n doel ooit… en Leisure Options se The Best of Jo’burg stemmers stem saam… Lusitoland is al 11 keers as die beste fees aangewys.
Gaan loer by www.lusitoland.co.za vir nog inligting en die daaglikse vermaaklikheidsprogram…..
‘n Paar interessante feite van die webwerf af oor jaarlikse verversings en bestandele gebruik elke jaar… ten minste:
- 200,000 brode
- 2,625 dosyn eiers vir die maak van farturas
- 18 ton vleis
- 1.5 ton sardientjies
- 900 liter caldo verde (beste sop ooit!)
- 2 ton prawns
- 17 ton hoender
- 5,000 koeke
- 3 ton chourico
- 500 kg giblets
- 150,000 biere
- 50,000 liter draft bier
- 20,000 liter wyn
- snaaks, hulle sê niks van die caipirina nie……
Onlangse ondersteuners: