Veels geluk liewe Paul David Hewson, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën, en nog baie jare spaar (want jy is ‘n lewende en wandelende voorbeeld, van wat naasteliefde beteken)!
Bono word vandag 50. Nie net is hy #1 in U2 nie, maar moontlik deur die inspirasie wat hy uitstraal King of the Bands! Vir meer as 3 dekades al laat U2 hulle stemme, dikwels deur Bono se skrywes, hoor oor politieke en sosiale gebeure, dink byvoorbeeld aan Sunday, Bloody Sunday… dikwels ook liedere met ‘n Christelike ondertoon soos I Still Haven’t Found What I’m Looking For.
Nie net het U2 al 22 Grammy’s ingepalm nie, maar ook ‘n Golden Globe vir die lied The Hands That Built America, vir die fliek Gangs of New York. Bono is al genomineer vir die Nobel Vredesprys, is eintlik Sir Bono na hy sy Ridderskap by QEII ontvang het, ws al Time se Persoon van die Jaar en is gereeld op Time se Top100 Invloedryke Persone. Daar is nog ‘n lys langer as my arm van ander toekennings. Met U2 se sukses het hulle die kans om almal wat saakmaak in die wêreld te ontmoet, en Bono het die kuns vervolmaak om hierdie invloed te omskep in positiewe aksie vir sy filantropiese werk.
Mens voel mos partykeer bietjie “af”, en net nie lus vir enigiets nie. As Jannie-Jammergat-Griep my gewoonlik wil gryp, en ek bietjie moet stilsit en myself herinner aan hoe gelukkig ek eintlik is, grawe ek gewoonlik U2 se Rattle and Hum DVD uit…. en hierdie is dan die weergawe van die song wat ek dan in fullblast my brein mee skoonblaas……
Onlangse ondersteuners: