Archive | 6:00 vm

Vrydagskool..Musikale Spele

14 May

Die Musikale Spele gaan voort hierdie week, met ek dink Live wat die vorige wedloop met hul weergawe van I Walk The Line, ongelukkig die oorspronklike uitgestof het.

Nou kyk, toe die man begin heup swaai het, het die wêreld se predikante en priesters vir die bevolking begin bid. Ouers het gesê Elvis is van die bose met losse sedes, maar kinders het skelm plate geluister, gedans en deelgehê aan ‘n absolute musiekrevolusie!

Nou kyk, dit wil voorkom asof elke jan rap en sy maat wat ‘n noot kan hou, Can’t Help Falling In Love gecover het. Maar so ‘n paar dekades na Elvis het nog ‘n ongelooflike band besluit om die lied so bietjie oomf te gee, en het hulle self ‘n taamlike groot hit daarmee gehad.

Elvis versus UB40 dus hierdie week…. maar ek wil graag ‘n derde naelloper ingooi, kort maar kragtig. Ek is so bly, dat ek hierdie stukkie ook laas jaar live kon meemaak… en dit sal vir altyd een van my gunsteling konsert-oomblikke bly…

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers