Archive | 3:27 nm

Sommer maar net…

21 May

Skakerings van grys, is nie noodwendig oninteressant nie

Vrydagskool…Rugby101

21 May

Die legende lui dat William Webb Ellis tydens ‘n voetbal wedstryd by Rugby School, in Rugby, Warwickshire die eerste persoon geword het wat die bal opgetel het en daarmee gehardloop het tydens ‘n wedstryd. Die storie kan egter nie regtig geverivieer word nie, maar egtheid is verleen toe dit in 1895 as die waarheid op ‘n bordjie by die skool vasgelê is…. en toe die Rugby Wêreldbeker Trofee na hom vernoem is.

Skoolleerlinge lê die eerste geskrewe reëls neer tussen 1845 en 1848, en rugby is gebore. Die spel is natuurlik nie meer in dieselfde vorm, en met dieselfde reëls nie en word vanaf 1886 deur die IRB gereguleer. Die IRB het huidiglik 115 lidlande.

Die eerste internasional toets tussen twee lande is op 27 Maart 1871 tussen Engeland en Skotland gespeel en die sport het van toe af net al hoe vinniger gegroei en was selfs in 1900, 1908, 1920 en 1924 by die Olimpiese Spele verteenwoordig.

Maar wie de moer gee op hierdie stadium om?

Dit is Super 14 semi-finale naweek… en Suid-Afrika het twee tuis semi’s!

Go Bulls en Stormers!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers