Die verhaal van Layla en Majnum (regte naam Qays ibn al-Mulawwah) is ‘n klassieke ware Arabiese verhaal van van twee verliefdes wat verhoed was om bymekaar te wees ( Baie soos Romeo en Juliet, die “Star-crossed Lovers” van Shakespeare). Hulle was hartstogtelik verlief en Majnum was geinspireer om die mooiste poësie te skryf. Majnum het Layla gevra om te trou, maar weens tradisies het haar Pa nee gesê, en is Layla kort daarna met ‘n ander man getroud.
Majnum was so hartseer dat hy die woestyn ingevaar het en vir die res van sy lewe daar gebly het. Hy was dikwels gesien waar hy rondgedwaal het en poësie opgesê het, of gedigte met ‘n stok in die sand geskryf het. Die mense het hom Majnum-e Layla begin noem, Layla’s Lunatic.
Layla en haar nuwe man het na die hedendaagse Irak toe verhuis, en sy het net daarna siek geword en gesterf. Majnum is ook later in ongeveer 688 AD dood in die woestyn gevind.
Nou spring ons in die tydmasjien tot in die laat 1960′s.
George Harrison (van Beatles) raak verlief en trou met Pattie Boyd, ‘n model wat hy tydens die verfilming van A Hard Day’s Night ontmoet het. Ook gedurende die tyd raak hy baie goeie vriende met ‘n kitaarspeler en liedjie skrywer van die groep, Derek and the Dominos, by name Eric Clapton. George en Eric het ook oor en weer liedjies en musiek geskryf en gehelp met die onderskeie bands, maar terselfe tyd, het Eric op Pattie verlief geraak.
Clapton het ‘n lied geskryf vir Pattie. Die toonsetting is letterlik in twee dele (movements) gedoen, deel een deur Clapton, en deel twee deur Duane Allman. Clapton het die lied Layla genoem, nadat ‘n vriend aan hom die verhaal van Layla en Majnum vertel het. Liefde wat nooit wedersyds beantwoord gaan word nie. Clapton het egter die lied by ‘n partytjie gespeel, en later daardie aand vir George vertel dat hy op sy vrou verlief is. Dit het klaarblyklik niks verander nie, die huwelik en die vreindskap het aangehou tot in 1977 toe George en Pattie geskei is. In 1979 is Pattie en Eric getroud.
Nou Pattie moes ‘n muse en ‘n half gewees het, want nie net het sy Layla geinspireer nie, maar ook drie van George se liedere asook die latere Wonderful Tonight van Clapton.
Layla het intussen op telke lyste van “The Best…” of “The Greatest ever…” verskyn, onder andere Rock and Roll Hall of Fame the 500 Songs that shaped Rock & Roll, #27 op Rolling Stone se lys 500 Greatest Songs of All Time, #16 op VH1 se 100 Greatest Songs of Rock & Roll, #14 op Guitar World se 100 Greatest Guitar Solos ens. In 1992 was Eric ook genooi om in MTV se unplugged reeks deel te neem, waarvoor hy verskeie van sy liedere, Layla ingesluit gesing het, en toe ‘n unplugged album uitgebring het. In een van die grootste upsets in Grammy geskiedenis het die unplugged weergawe van Layla daardie jaar die beste Rock song Grammy gewen, deur Nirvana se Smells like Teen Spirit uit te stof.
Al wat dus nog oorbly is om terug te sit, die volume op te draai, en te luister na een van die top rock songs van alle tye………
Onlangse ondersteuners: