Geduld is ‘n mooi deug, so hoor ek;
Want dis maar yl by my gesaai.
Maar…
Soos die windpomp in stilte
Wag vir die bries oor die veld;
Soos die Karoo aarde die reën
Proe in dreigende donderwolke;
Soos die horison wag om in rooi
Geverf te word met sononder.
So was ek op my merke
Maar nou geys in gereed.
Geduld Geduld Geduld
Want ek kan mos
Want ek wil.

Onlangse ondersteuners: