Dit is wat my naweek was, skakerings van Blou, en nie net oor die Happy Blou van die bulle oorwinning nie, maar ook blou van verlange. Ek het vanoggend in my tru-spieëltjie gekyk, en besef hierdie “under-the-weather” blou look pas nie by my oë nie. Daardie verlange wat ek ervaar het, is net ‘n klein deel van wat my naweek was, die Bulle het ook gewen, ek kon rondry in my eie kar, ek kon eet, ek het ‘n dak oor my kop en ‘n warm bed gehad… en en en…
Elkeen van ons is ambassadeurs vir Suid-Afrika in die volgende twee maande. Ongeveer 49 miljoen van ons. Ten minste 250,000 oorseese besoekers gaan hulle voete op ons Afrika-grond neersit (party het al klaar)… en ek dink die laaste ding wat hulle wil sien is my “under-the-weather” blou gesig. Onthou, die besoeker met die goeie ondervinding, kom volgende vakansie weer… met ander vriende in tou. Dis ‘n sneeubal effek. Die plek waar ek ALTYD heen wil teruggaan is Italië, want dit is die land waar ek die lekkerste ondervindings met die mense gehad het.
Onthou net, dit maak ‘n verskil. Hierdie mense land hier aan in ‘n vreemde land, almal waarsku hulle oor geweld en dat hulle dalk liewers nie hulle koppe by die deure moet uitsteek nie. Dit is ons plig om die doemprofete verkeerd te bewys. As jy in die pub, restaurant of selfs winkelsentrum is…. en jy eien ‘n besoeker… groet hulle, sê vir hulle welkom, vra of hulle ok oor die weg kom… koop dalk vir hulle ‘n bier of ‘n koffie… ja, jy mag dalk niks terugontvang nie, maar dit is die punt… Ons moet lewe asof ons niks terug verwag nie.
Ek het hierdie spieël hier geinstalleer…. kyk lank en hard, en dan besluit jy of die gesig wat na jou toe terugkyk, die van ‘n gepaste Suid-Afrikaanse Ambassadeur is. Dit kos jou niks om vriendelik en behulpsaam te wees nie. Ek het die wonderlike geleendheid om ‘n paar Amerikaners vir ‘n week en ‘n Bulgaarse paartjie vir twee dae by my te hê, en al is ek nie die grootste sokker ondersteuner nie, gaan ek my beste voetjie voorsit vir Suid-Afrika.

Baie geluk met julle oorwinning. Ek troos my daaraan dat die beker darem in SA bly
Ware woorde wat jy hier noem. Ek hoop almal deel jou siening en maak hulle tuis voel en huistoe gaan met ‘n hunkering om weer terug te kom.
Mens kan net hoop Charms.
Geluk aan die Bulle …
Heeeehaaaaaa
Die gees wat geheers het so saam met die Bulle se oorwinning, is vir my fantasies. Dat sport mense so bymekaar kan bring, is absoluut ongelooflik. En al is ek rerig nie ‘n sokker ondersteuner nie, sal ek ook vriendelik wees met die besoekers … Suid Afrika is ook my huis, afterall!
PS. Heeeehaaa!
**slaat nogsteeds bollemakiesie**
onwillekeurig dink ek aan daardie ander kind wat so oulik sing se woorde :
“spieêltjie spieëltjie sê vir my, hoe sien ander mense my”
bets dink sy gaan bietjie moet werk aan haar under the whatever gesiggie ….. fank dmi … as usual weet jy net hoe!
Mmm, ware woode in daai liedjie.
ek hou mos eintlik meer van ‘n witterige blou as ‘n bouerige blou, weet jy
ek begin ook nou so stadigaan sokkerkoors kry!
HEEEHAAAA 2010 (Oops, mag ek 2010 sê?)
I support my country (.) (.)
, my vlaggie wapper op my dash-n-all-n-all – maar ek hette kleeeeeiiiiiiiinnnnn “Schwarz/Rot/Gold” agterop my spaarwiel geplak… 
(Ek het ‘n awesomely sexy klein swart nommertjie gekry met “South Africa” en vlaggie geglitter en gebling gekry wat ek proudly sal dra. Maar ek sal beslis ook tydens die WC my Germany trui gereeld aantrek – dan kan die besoekers darem seker sien daar’s iemand wat hulle taal kan praat… of hoe??)
Ek glo dit is fine BB, solank die sokker ondersteun word.
Hoe wens ek nou dat ek naby jou was DMI. Dan het ek jou nou op die skouer geklop en gedruk dat jy hik van pure plesier. Nog iemand wat nie verkies om onder ‘n klip te woon nie. Ek ondersteun WCS 2010 100% en ek is nie eens ‘n sportentoesias nie. Ek is ongelooflik opgewonde omdat ons land aan die hele wereld uitgestal sal word en ek belowe jou, net my heel beste voetjie voor vir die volgende maand of wat.