Archive | Junie, 2010

Geseënd

30 Jun

Hulle seg mos gelukkig kan jy jou vriende kies, maar jy is stuck met die familie wat aan jou toegedeel is. Moeder Natuur kan nogals ‘n snaakse sin vir humor hê in sekere familie gevalle, veral as jy na programme soos Jerry Springer kyk, of die Huisgenoot onder oog kry.

Ek is egter gelukkig dat ek ‘n familie gekry het wat deur dik en dun saam sal staan. Daar is nie een persoon wat ek aan kan dink wat ek nie die swaard voor sal opneem nie (ok, miskien dalk nie my tannie se tweede man, onder almal bekend as Die Poephol nie), so hierdie inskrywing gaan nie oor familie nie.

Wat my egter meer geseënd maak, is dat ek deur die jare ‘n vriendekring opgebou het wat skrik vir niks. Ek praat nie van kennisse nie, ek praat van vriende. Daai met wie jy elkeen, enigiets kan bespreek. Ek is nie die tipe persoon wat my tyd mors met opeervlakkige kennisse nie, ek sal eerder die tyd aan daardie vriende spandeer, wat ek met die hand uitgesoek het. Vriend is ‘n woord wat somtyds sommer so maklik rondgegooi word, maar weet versker dis nie by my die geval nie.

Omdat elkeen unieke eienskappe het, het ek ook baie van my menswees vanaf hulle gekry. Daardie aansporing om die beste mens moontlik te wees, nie net ‘n persoon waarop jou familie kan trots wees nie, maar ook een waarop jou vriende trots kan wees, en hulle wedersyds inspirasie vanaf kan ontvang.

Hierdie song is opgedra aan al my vriende wat, dalk somtyds sonder hulle wete, ‘n moerse verskil in my lewe gemaak het. (En ook aan die wat ek nog gaan ontmoet.) Julle is spesiaal, weet dat julle gekies is! Dankie.

Die song is dalk al holruggery, maar elke woord daarin laat my dink aan hoe geseënd ek was, dat mense soos julle my lewenspad gekruis het. Ek hoop ek is ook die tipe vriend wat julle elkeen vir my is. Ek hoop ek is die vriend wat elkeen van julle verdien.

Asem in….Asem uit

28 Jun

Wasserfall herinner my op die radio,

Asem in; uit, Op vlerke my Suikerbos; 

dit voel of lewe in jou kar wegry.

‘n Stukkie van my is vandag saam jou,

en more, en oormore, elke dag vir jou.

Die sonsopkoms was oor jou,

Die koffie is lekker oor jou,

Ek sien die mooi oor jou,

Die week lyk ewig,

Alles, alles, net oor jou.

Musikale Spele….Heaven

24 Jun

Sit bietjie terug. Maak jou oë toe en maak in jou verbeeldingswêreld ‘n lysie van al die dinge waaroor jy gelukkig is, daardie dinge wat spesiaal is, daardie wonderlike seëninge…. die dinge wat hemels is.

Vat nou jou verbeeldingslysie en vergelyk dit wat jy het, met ander mense wat jy ken, ons praat nie eers van die boemelaar of bedelaar nie. Het almal daai wonderlike gelukkies wat jou dag vervolmaak? Of is dit so vêr agter kla en negatiwiteit verdoesel, dat ons nie eers meer ons eie geluk besef nie, ons koester dit nie meer nie.

Ons het nie almal dieselfde items op ons hemelslysie nie, maar maak die tyd om te koester wat jy het.

Ons musikale olimpiese spele vandag is Brian Adams vs DJ Sammy….

Let the games begin!

die minute sonder jou….

23 Jun

Ek sukkel om te skryf, want al my gedagtes is oor jou;

My bank voel ongemaklik, want ek wil jou in my arms voel;

Ek wil nie die wyn drink nie, want ek wil dit op jou lippe proe;

Die Issey in die lug stink, want ek wil dit in jou nek ruik;

Ander oproepe frustreer my, want dis jou stem wat ek wil hoor;

Alles  lyk skielik vaal, want dis vir jou wat my oë wil sien;

Ek sukkel om te skryf,

Ek sukkel om te skryf,

Alles oor daardie minute sonder jou.

Uit die monde van toeriste….

21 Jun

Ons bly in ‘n land met geweld. Ons bly in ‘n land met roof. Ons land is nie uniek nie….

Ons bly in die land met moontlik die mees diverse, en mooiste natuurskoon op aarde….

Winter is nie regtig winter nie….

Ons het vrugte op die rakke wat spotgoedkoop is, en wat by hulle as “eksoties” geklassifiseer word (Stel jou voor, 5 euro vir ‘n pynappel)….

Coca Cola proe nog soos Coca Cola….

Mense is vriendelik en behulpsaam, oral….

Suid-Afrikaanse vleis proe ongelooflik lekker, en is goedkoop….

Suid-Afrikaanse wyn is uit die boonste rakke, en is goedgoop….

Ons mini-bus taxi’s bestuur nie regtig soveel wilder as die in enige ander land nie….

Hulle hou van die idee dat ons kuier om ons maaltyd, voeding is die bysaak….

Hulle is gek oor die feit dat Afrika deur middel van die SWC wêreldsport op sy kop gedraai het…. die vuvuzela

en..en..en..

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers